Efundja skep bedreiging u00e9n geleenthede
Efundja skep bedreiging u00e9n geleenthede

Efundja skep bedreiging én geleenthede

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, het die regering gekritiseer vir die gebrek aan beplanning rakende die efundja, wat nou groot dele van die sentrale noordelike gebied van die land van die buitewêreld afgesny het en verskeie skole genoop het om te sluit.

“Die gesegde wat lui 'die gebrek aan beplanning is die beplanning om te misluk', is welbekend aan ons. Ondanks die feit dat die gevare van die efundja om Namibië uit Angola te bereik sedert die begin van die jaar duidelik was, is geen proaktiewe stappe gedoen om hierdie potensieel katastrofiese situasie in 'n geleentheid te omskep nie.

“In soverre die Efundja 'n waarskynlike bedreiging is, bied dit ook geleent­hede. Wat ook al die impak, sal afhang van watter proaktiewe maatreëls­ in afwagting getref is,” sê Venaani in 'n verklaring.

Hy sê dit is skokkend dat die omvang van die regering se bereddering van die saak stop by die boodskap aan mense om uit hul nedersettings na hoër grond te trek. Al is dit 'n onbetwiste noodsaaklikheid, vind Venaani dit teleurstellend dat daar geen bykomende strukturele inmenging is om te verseker dat die vloedwater weggelei en in waterreservoirs, hetsy ondergronds of tydelike gronddamme, gestoor word nie.

Dit is volgens Venaani 'n bewys van die afwesigheid van behoorlike beplanning.

Hy sê daar is betekenisvolle landboupotensiaal wanneer verseker word dat die water in 'n formaat waar dit hergebruik kan word, gestoor kan word sodat boere dit later vir besproeiing kan gebruik.

Hy meen dit kan help om die ekonomiese skade te verminder en daartoe bydra dat voedselveiligheid, wat gewoonlik met die efundja gepaard gaan, verbeter word.

“Die DTA doen 'n beroep op die regering om onmiddellik 'n Nasionale Vloed-loodskomitee bestaande uit omgewings- en hidrologiese ingenieurs tot stand te bring om 'n strategie op te stel en onmiddellik meganismes te implementeer om die water te kanaliseer sodat dit produktief vir besproeiing aangewend kan word. 'n Versuim om dit te doen, sou nalatig wees en 'n duidelike aanduiding dat die gevaar afgewag word eerder as om dit te verwag en op te tree om die impak daarvan te verminder,” sê Venaani.

Gevolglik sal Venaani, in sy hoedanigheid as leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, 'n mosie ter tafel lê met die oog daarop om 'n omvattende, proaktiewe, nasio­nale reaksiestrategie vir noodsituasies soos vloede en droogtes op te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A