Eerste werkwinkel vir hospitaalnarre
Fun Factory Namibia en Clowns Without Borders Germany het die eerste werkwinkel vir narre in Namibiese gesondheidsorg in Namibië aangebied. Fun Factory Namibia, met me. Jana Marie Tors aan die stuur, glo om te lag, gee die genesingsproses 'n reusehupstoot. Dit is veral van toepassing op kinders in hospitale waar hospitaalnarre hulle met humor vir 'n oomblik uit hul omstandighede laat ontsnap. Deelnemers aan die werkwinkel het reeds hul eerste liefdadigheidsoptrede vir wees- en weerlose kinders onder die vaandel van kinderregte aangebied. Vir meer inligting, kontak Jana Marie by [email protected].
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie