Eerste skote klap in Tokio 2020
Eerste skote klap in Tokio 2020

Eerste skote klap in Tokio 2020

Andrew Poolman
Ses van Namibië se elf atlete is vanaf vandag tot Dinsdag in aksie vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio se lank verwagte afskop. Die roeier Maike Diekmann se eerste uitdunresies sou reeds vanoggend vroeg (kort ná drieuur, Namibiese tyd) beslis word, wat sou bepaal of sy die mees direkte pad na die kwarteindronde, of eers ’n ekstra rondte moet deurgaan. Die padfietsryer Tristan de Lange (FOTO) tree môreoggend vir die uitmergelende padresies van 233 kilometer aan, enkele dae ná sy aankoms in Tokio as ’n laat plaasvervanger vir Dan Craven wat Covid-19 opgedoen het. Meer dekking van die Olimpiese atlete op ons sportbladsy en volg gerus ons sosiale media oor die naweek. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer