Eerste reën val
Die eerste druppels het geval, veral by Gobabis, Divundu en Grootberg in die Kunenestreek. Mense het op die Facebook-blad Reën in Namibia van 7 tot 16 mm reën op Gobabis en die omgewing aangemeld. Me. Karin van Dyk het op die plaas Groenveld, 30 kilometer suidoos van Gobabis, 7 mm gemeet. Mnr. Kobus Alberts het twee kilometer noordoos van Gobabis 16 mm gemeet. 'n Video wat in die sosiale media versprei is, wys 'n rivier suidwes van Grootberg in die Kunenestreek wat Vrydag net voor sonsondergang loop. Op Karibib en in Windhoek het dit ook gereën met tot 3 mm wat by Brakwater gemeet is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie