Eerste reën kom glo die naweek

Langtermynvoorspellings verskil

11 October 2019 | Weer
Elvira Hattingh



Reën word vandag en môre oor die grootste dele van Namibië verwag, behalwe in die ||Kharasstreek.

Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister gesê meer as ­15 mm reën word in plekke oor die sentrale Noorde en Noordweste verwag, asook in die Hardap- en Khomasstreek.

Dit stem ooreen met die nieregeringsorganisasie LandWater se voorspelling gister dat “goeie dinge” besig is om “bo in Namibië reg te skuif”, wat gister belofte vir die Noorde ingehou het en vandag vir sentrale Namibië, “met verdere kruip daarná moontlik”.

Dit volg nadat die Namibiese weerkantoor vroeër 'n seisoenale weervoorspelling uitgereik het, waarvolgens hulle normale tot bo-normale reën tydens die eerste deel van die reënseisoen verwag, terwyl die laaste deel van die seisoen van Januarie af glo normaal tot ondernormaal kan wees.

Laasgenoemde is egter met uitsondering van die Zambezistreek, waar normale tot bo-normale reën tot in April vanjaar verwag word.

Die vooruitsig verskil van dié van mnr. Johan van den Berg, 'n landbouweerkundige by Santam Suid-Afrika.

Hy het in sy mees onlangse vooruitsigte gesê hy verwag min reën oor die volgende maande in Namibië, met die moont­likheid dat die somer­reënseisoen later sal begin.

Die sentrale en noordelike dele van Namibië sal vanjaar waarskynlik nie enige noemenswaardige reën voor die middel van November ontvang nie.

Die Suide se reën kan moontlik nóg later eers kom.

Van den Berg het gesê alle Niño-gebiede in die Stille Oseaan dui op die afwesigheid van El Niño-toestande, maar die verwarming van die Indiese Oseaan het tot die ontwikkeling van 'n positiewe Indiese Oseaan-dipoolindeks (IOD) gelei.

Voorspellers glo die IOD sal teen November verswak, wat bydra tot beter kanse op reën teen die middel- of laatsomer in Suider-Afrika.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

21 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

21 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

21 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

21 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

21 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...