Eerste kommersiële vlug, min toeriste

Konstruksie met vier maande aangeskuif

14 September 2020 | Toerisme
Kristien Kruger – Groot afwagting en opgewondenheid het in die toerismebedryf geheers oor die eerste kommersiële vlug wat in byna ses maande Vrydag omstreeks 13:15 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) geland het, maar min toeriste was op die vlug.

Die Ethiopian Airlines-vlug vorm deel van die regering se toerismeherlewingsplan en is die eerste kommersiële vlug sedert die heropening van HKIA op 1 September.

Ná die vliegtuig met 43 passasiers en 11 bemanningslede geland het, het die direksievoorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), dr. Leaka Hangala, ’n lintknipseremonie gehou waartydens toesprake gelewer is.

Die passasiers en bemanningslede moes hiertydens in die vliegtuig bly sit en kon eers sowat 25 minute later afklim.

In die aankomssaal het taxibestuurders, lodgepersoneel en rolspelers in die toerismebedryf saamgedrom om die passasiers te verwelkom in die hoop om hul besigheid te bevorder of dienste te bemark. Die teleurstelling was groot met die besef die meerderheid passasiers moes na kwarantynfasiliteite geneem word.

Ekonomiese groei, werkskepping

“Hierdie geleentheid is ’n aanduiding van die regering se toewyding om ekonomiese geleenthede te laat herleef,” het Hangala gesê.

“Lughawens is die dryfveer van ekonomiese groei en werkskepping. Die afname in vlugte dra by tot die finansiële situasie en werkverliese in die land.”

Volgens Hangala is lughawens afhanklik van passasiervolumes. “Passasiervolumes het wêreldwyd met sowat 80% gedaal en in Afrika sowat 95% as gevolg van die Covid-19-pandemie en reisbeperkings.”

Die volgende vlug waarop hoop vir die toerismesektor geplaas word, is Eurowings se eerste vlug vanuit Frankfurt, Duitsland, wat op Sondagoggend 20 September op HKIA sal land.

Konstruksie

Die konstruksie aan die HKIA sou aanvanklik glo November vanjaar voltooi word, maar is volgens Hangala na Maart 2021 aangeskuif.

“Die konstruksieplanne vir die lughawe sal die kapasiteit verdubbel en beoog om passasiers se ervaring geriefliker te maak,” het Hangala gesê.

Volgens die konstruksieveiligheidsbeampte op die perseel, mnr. Johannes Ndengu, is daar tans daagliks sowat 250 werkers op die perseel en is hulle goed op dreef om in Maart volgende jaar klaar te wees.

- [email protected]

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

9 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

9 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

9 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

9 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...