Eers swéét, dán reën

’n Hittegolf looi Namibië tans, maar mag dalk goeie nuus oor die draai van die seisoen inhou.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Terwyl die weerkantoor vir vandag opnuut ’n weerwaak vir ’n hittegolf in die verre Noorde en die ||Kharasstreek uitgereik het, meen kenners dit is dalk nét wat nodig is vir die reënseisoen om uiteindelik aan te breek.

Die weerkantoor waarsku dat die kwik vandag op Eenhana en Ondangwa tot onderskeidelik 42 °C en 40 °C sal styg, terwyl die maksimum temperatuur op Keetmanshoop, Karasburg, Noordoewer, Omuthiya, Oshakati en Outapi op 39 °C te staan sal kom.

Aroab, Gobabis, Grootfontein, Katima Mulilo, Khorixas, Mariental, Nkurenkuru, Okaukuejo, Opuwo en Sesfontein se maksimum vir die dag is 38 °C.

Intussen het lesers Woensdag laat weet hulle het 42,7 °C by Usakos se kleinhoewes gemeet, terwyl dit 09:30 die oggend reeds 33 °C was.

SEISOEN DRAAI

LandWater, die nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het intussen gesê Namibië “kry dit behoorlik” as dit kom by die hittegolf wat oor die Suider-Afrikaanse binneland lê.

“Kortliks, daar is 'n hoogdrukdeksel in die bolug, wat veroorsaak dat die son se hitte oornag ‘vasgehou’ word.

“Dit beteken die hitte kan nie doeltreffend oornag via straling ontsnap nie, dus begin die nuwe dag se sonskyn met 'n ‘hoër basishitte’ . . .”

“Dié hittegolf het verlede jaar rofweg ’n week later sy verskyning gemaak. . . Dit raak jaarliks ’n sterker (warmer) verskynsel in Oktober.

“Dit help die land opwarm, wat dan ook sal help dat die seisoen vinniger draai. Dit is egter mits daar groot donderwolke oor Sentraal-Afrika verrys wat 'n sterker temperatuurverskil dryf,” het LandWater verduidelik.

DROOGTE GEBREEK?

Intussen het mnr. Johan van den Berg, ’n onafhanklike landbouweerkundige-konsultant tydens ’n onderhoud Dinsdag gesê die kanse dat minstens gemiddelde reën vanaf November, maar veral tussen Desember tot Maart in Namibië sal val op tussen 70% en 80% staan.

“Dit lyk of ons die einde van ’n droë periode vir Namibië bereik het.

“Die atmosfeer, of natuur, handhaaf siklusse. Ons verkeer reeds sedert 2012 in ’n droë siklus. Iewers moet dit weer na ’n ‘natter siklus’ draai.

“Die kanse is goed dat dié ommeswaai vanjaar gaan gebeur, veral as ’n mens die opstelling van die Indiese Oseaan, asook die gepaardgaande La Niña-verskynsel kyk,” het Van den Berg gesê.

“Die geskiedenis leer ons dat La Niña gewoonlik ’n baie positiewe uitwerking op ons somerreënval het. Die groot reën kom gewoonlik tussen Januarie en Maart.

“Tesame hiermee is die Indiese Oseaan vanjaar ook gunstig: Die water teen Suid-Afrika se oostelike kusdele is koeler as normaal,” het Van den Berg gesê.

SEE DRYF WEER

Oor die IOD verduidelik hy: “Ons verwys altyd na die seeoppervlakte met goeie rede, want dit is ’n groot bron van energie wat weerstelsels wêreldwyd beheer.

“As die see se oppervlakte koeler of warmer as normaal is, dryf dit oorliggende weerstelsels op gegewe maniere.”

Van den Berg sê as die Indiese Oseaan se oppervlak warmer as normaal is en die Indiese Oseaan-dipool (IOD) dus positief is, vorm dit sterk laagdrukstelsels of siklone.

“Dit reën dan baie waar die siklone vorm. Terselfdertyd onttrek dit die vog wat oor Namibië, Botswana en Suid-Afrika moes afkom na die Indiese Oseaan toe.

“Vanjaar is die seetemperature in die westelike Indiese Oseaan egter koeler as normaal en warmer nader aan Australië. Dit dui dus op ’n negatiewe IOD.

“Dit beteken die kanse dat siklone naby aan Afrika se ooskus sal vorm, is skraal en die vog wat dus normaalweg uit die trope oor Angola en Midde-Afrika afkom, behoort vanjaar normaal oor Suider-Afrika in te beweeg sonder dat dit na die Indiese Oseaan weggetrek word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%