Eers staat, dan privaat
Die wetsontwerp op gesondheidsberoepe strek tot voordeel van praktisyn én pasiënt.
Henriette Lamprecht - Namibiese en buitelandse gesondheidslui wat in Namibië wil praktiseer, sal met die nuwe wet op gesondheidsberoepe eers in die openbare sektor diens moet verrig voordat hulle in die private sektor sal kan werk.
Dié verpligte staatsdiens sluit egter diegene uit wat tans by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) geregistreer is.
Die dienstydperk sal volgens die waarnemende permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste deur middel van regulasies in die wet bepaal word.
Volgens me. Petronella Masabane sal dit die ministerie in staat stel om gesondheidslui volgens sy behoeftes uit te plaas en nie noodwendig volgens die betrokke individu se voorkeur nie.
Met verwysing na klagtes dat die nuwe wetsontwerp te veel mag in die hande van die minister plaas, sê Masabane die ministerie het die mandaat en verpligting om onder meer toesig oor die implementering van Universele Gesondheidsdekking te hou.
Bemagtig
Voorts moet die ministerie tred hou met gesondheidsverwante Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG) en moet hulle toeganklike en bekostigbare gesondheid as mensereg verseker.
“Die nuwe wetgewing sal die ministerie bemagtig om sy mandaat binne die grense van 'n positiewe wetgewende omgewing uit te voer,” het Masabane gesê.
Die beter regulering sal voorts tot voordeel van beide praktisyn en pasiënt strek.
“Die bestaande vyf rade smelt saam in een raad, met vyf professionele direksies wat tegniese komitees kan vestig om werksvloei vaartbelyn te maak.”
Die wetsontwerp verplig ook die voortgesette professionele ontwikkeling van gesondheidslui. Sou daar nie hieraan voldoen word nie, kan dit tot die opskorting van 'n praktyk se lisensie lei.
Volgens die HPCNA se registrateur, mnr. Cornelius Weyulu, sal die minister hom nou ook op die HPCNA se professionele kundigheid kan beroep om hospitale en gesondheidsgeriewe vir lisensies in terme van die wet op hospitale en gesondheidsgeriewe te inspekteer.
“Dit volg op gesondheidslui se protes dat hul geriewe soms geïnspekteer word deur mense wat nie 'goed vertroud is met kennis oor wat hulle eintlik doen nie'.”
Die hantering van klagtes deur die publiek word ook “korter en doeltreffender” en sluit onder meer in die afskaffing van die staande ondersoekkomitee, die magte om sake te finaliseer sonder uitgerekte en duur ondersoeke, asook die instelling van 'n mediasieproses en 'n skulderkenningspleit in die ondersoekfase.
“Die belangrikste is egter die bevoegdheid om die lisensie van 'n praktisyn op te skort indien die veiligheid van pasiënte in gevaar is hangende die afhandeling van die ondersoek.”
Voorkeur word aan een statutêre liggaam gegee wat die vyf wette van die bestaande vyf rade herroep wat as afsonderlike entiteite geskep is.
“Die huidige vyf rade sal gevolglik vyf professionele rade onder die HPCNA wees. Dié rade en hul komitee sal voortgaan om beroepspesifieke funksies namens die HPCNA uit te voer.”
Sake wat spesifiek betrekking op toepaslike beroepe het, sal deur die betrokke professionele raad afgehandel word.
“Dit sluit volle magte met betrekking tot dissiplinêre aangeleenthede, erkenning van kwalifikasies, inspeksies en die goedkeuring van opvoedkundige programme en instellings in.”
Volgens Weyulu maak dit administratiewe prosesse meer vaartbelyn, fondse word beter bestuur en daar is beter koördinering van statutêre funksies sonder om individuele identiteit en onafhanklikheid in te perk.
Ook is daar beter beheer oor opvoedkundige instellings, opleiding van gesondheidslui en ooreenstemming met gesondheidspesifieke standaarde van onderrig.
Lisensiëring gebaseer op vaardighede is ook daarop gemik om te verseker slegs dié wat daarna streef om “bevoeg te bly”, gaan voort om pasiënte te bestuur.
Die instelling van kategorieë van registrasie soos openbare diens en onafhanklike praktyk sal voorts die regering in staat stel om die dienste van die nodigste beroepslui tot die beskikking van die kwesbaarste lede van die samelewing te behou.
Ook sal dit verseker slegs dié wat die nodige ondervinding in die openbare sektor opgedoen het, praktiseer uiteindelik onafhanklik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie