Een verhoog, vier kunstenaars

Lloyd Zandberg
Die laaste Night Under The Stars (NUTS)-konsert van die jaar vind vanaand by die Goethe-instituut in die hoofstad plaas.

NUTS is ‘n musiekprogram wat deur die instituut in Namibië begin is.

Die geleentheid skep vir jong en opkomende musiektalent die geleentheid om saam op 'n verhoog hul talente ten toon te stel.

Die kunstenaars is Adora, ML, Kay Sax en DJ Mdu, en die gewilde Ashwyn Mberi is die gasheer.

“Vanjaar was ‘n unieke jaar vir NUTS. Ons het ons eerste NUTS-konsert buite Windhoek gehou; dit is op Tsumeb saam met DJ Mdu aangebied. In die algemeen was dit 'n lekker jaar vir dié musiekprogram. Ons sien baie daarna uit om weer vir DJ Mdu op die verhoog saam met ander bekendes te sien.” So sê die Goethe-instituut se koördineerder vir kulturele programme, Michelle Namases.

“Die diversiteit en uniekheid van die kunstenaars gaan vanaand ten volle beleef kan word.

“Deur die jaar het ons fantastiese talent ten toon gestel en vanaand gaan die publiek die toppunt van die talente weer kan beleef wanneer al die kunstenaars op een verhoog is.”

Adora maak vanaand haar debuut by NUTS, maar is geen vreemdeling in die bedryf nie. Sy was vroeër vanjaar te sien by die Jazzfees, en is betrokke by verskeie skoleprojekte gemik op die bevordering van musiekonderrig by skole.

“Musiek en die ontwikkeling van die stem is beide wonderlike tools wat karakter ontwikkel, motiveer en die bewaring van kulturele tradisies onder die jeug vestig,” sê Adora.

“Ons het baie verrassings vir vanaand beplan. Dit gaan magic wees om al ons stemme en klanke te hoor.”

Nog ‘n kunstenaar wat vanaand optree, is Kay Sax met sy unieke klanke. Kay Sax is bekend vir sy woodwind-instrumente wat hy met elektroniese klanke meng.

“My styl is uniek en soos geen ander nie omdat ek my eie instrumente bou.”

Vir hom gaan dit nie altyd oor die instrument nie, maar eerder wie hom bespeel.

“Die wyse waarop ek speel, is anders. En jy sal dit net vanaand kan ervaar. Die energie gaan tasbaar wees.”

DJ Mdu gaan as ‘n aanvullende platejoggie vir die ander kunstenaars optree. Hy is veral bekend vir sy slag met tromme.

ML sal verantwoordelik vir outentieke lirieke en tradisionele klanke wees.

“2019 was nogal ‘n interessante jaar vir my gewees. My eerste verskyning op die NUTS-verhoog was in Augustus, en ek beskou dit as ‘n mylpaal in my lewe en loopbaan,” sê ML, wat tans aan haar derde album werk. Sy sê sy is oortuig musiek kan die Namibiese ekonomie in die geheel verbeter.

Die publiek word uitgenooi om die aand vol musiek by te woon. Dit begin om 19:00 en gaste ontvang elkeen ‘n gratis glasie somerpons. Toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!