Een sterf in nagtelike ongeluk met koerantlorrie

27 January 2021 | Ongelukke
Ester Kamati op Otjiwarongo – 'n Zimbabwiër (50) is in die vroeë oggendure gister sowat 18 km suid van Otjiwarongo dood toe die voertuig met hom agter die stuur, die koerantafleweringsvragmotor van die koerantverspreider, Namibian Distribution Hub, reg van voor getref het.

Sy vrou is met ernstige beserings in die Otjiwarongo-staatshospitaal opgeneem. Sy naasbestaandes is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.

Daar is nog nie vasgestel of die oorledene 'n ander motor wou verbysteek, en of hy bloot beheer oor die voertuig verloor het nie.

Die bestuurder van die vragmotor, mnr. Manrose Tjiveta, is ernstig beseer en is eers na die staatshospitaal op Otjiwarongo geneem van waar hy na 'n private hospitaal in Windhoek oorgeplaas.

Die ander mense in die vragmotor wat hy teen maatskappyreëls vervoer het, het geringe beserings opgedoen.

Hulle is me. Uama Kahee (25), Jaseuatjo Fengee (7) en Puaeta Katjipi (5).

Mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH), sê dissiplinêre stappe sal gedoen word aangesien die vervoer van passasiers 'n oortreding van die maatskappyreëls is. NMH is saam met The Namibian 'n gelyke vennoot in die koerantverspreidingsmaatskappy.

Daar kon nie vasgestel word hoekom die Mazda-sedanvoertuig die aand­klokreël verontagsaam het nie.

Die koerantverspreider het 'n spesiale permit wat hom toelaat om snags koerante na verspreidingspunte te vervoer.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...