Een SMS laat wen hulle gru00f3u00f3t prys
Een SMS laat wen hulle gru00f3u00f3t prys

Een SMS laat wen hulle gróót prys

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Alta du Plessis en haar man dr. Werner du Plessis van Windhoek het Dinsdagoggend by die Black House hul groot prys – 'n reis vir twee na die Wêreldbeker-rugby­toernooi in Japan – ontvang ná afloop van 'n kompetisie wat deur Homeconomix, NEO Paints en Officeconomix op Kosmos 94.1 aangebied is.

Net een enkele SMS wat Alta gestuur het, was genoeg vir die egpaar om in die gelukstrekking hul prys los te slaan en vir daardie onverwagse telefoonoproep Maandag te sorg.

Die prys sluit retoervliegkaartjies, hotelverblyf, ontbyt en kaartjies vir twee wedstryde in groep B (Namibië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Italië) in.

“Ons kan nie wag om ons Namibiese span te ondersteun nie en ook om die Japanse kultuur, die mense en die kos te ondervind nie. Dit is later vandeesmaand Werner se verjaarsdag en die reis sal dus baie spesiaal wees,” het Alta gesê. Die twee het onderneem om alle Namibiërs wat belang stel, op sosiale media (Facebook en Instagram) op die hoogte van die wedervaringe tydens hul reis te hou.

Mnr. Paul Oosthuizen van Homeconomix het opgemerk dat die Du Plessis's “goeie” wenners is in die opsig dat hul paspoorte gereed is en hulle reeds reëlings vir kinderoppassers kon tref.

Afrigter Phil Davies, kaptein Johan Deysel en ander lede van die Namibiese rugbytoergroep asook medeborge van die kompetisie was ook daar om die oomblik mee te maak.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer