Een hekkie bly voor Warriors-vreugde
Sokker
'n Doellose gelykopuitslag teen die Comore was gister in die Sam Nujoma-stadion in Katutura genoeg om die Namibiese sokkerspan verby die eilandstaat te stuur in hul kwalifiserende wedstryd vir die Afrika Nasieskampioenskap (CHAN).
Die eindtelling van 0-0 het die kragmeting in die guns van Namibië geswaai, wat die vorige week reeds die wegwedstryd met 2-0 beklink het te danke aan doele deur Elmo Kambindu in sy debuut asook deur kaptein Dynamo Fredericks.
Bobby Samaria bly dus onoorwonne ná twee wedstryde as waarnemende afrigter van die Brave Warriors. Sy taak om Namibië deur die kwalifiserende veldtog vir CHAN te stuur, bly ook op koers.
Net een kwalifiserende ronde teen óf Mosambiek óf Madagaskar bly oor, voordat Namibië weer sy plek in volgende jaar Januarie se kontinentale skouspel in Kameroen kan bespreek.
Namibië het verlede jaar in Marokko sy debuut gemaak in die CHAN-toernooi, waarin lande net spelers mag kies wat aan klubs binne sy landsgrense verbonde is.
Die Brave Warriors is toe in die kwarteindronde uitgeskakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie