Een botsing eis vyf
'n Bakkie met vyf insittendes het onder 'n vragmotor beland.
Henriette Lamprecht
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek ná 'n grubotsing Vrydag op die hoofpad tussen Ondangwa en Eenhana.
Die ongeluk het Vrydag omstreeks 22:30 naby die Oshigambo-nedersetting plaasgevind toe 'n bakkie met vyf insittendes onder 'n vragmotor beland het. Die vyf insittendes is op slag dood.
Die oorledenes is volgens die polisie geïdentifiseer as Johannes Tomas (65), Willika Mwatile (21), Benedict Shikongo (8), Leefa Alugodhi (27) en Theresia Mungunda (2).
Die twee bestuurders, onderskeidelik 47 en 28 jaar oud, wat nie een 'n bestuurslisensie gehad het nie, sal vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn.
Volgens die polisie se jongste misdaadverslag is die 27-jarige Vianda Kaurivi Sondag dood, toe hy op 'n skerp draai op die pad na Elisenheim buite Windhoek beheer oor sy motor verloor het en dit teen 'n boom gebots het.
Die motor het aan die brand geslaan en 'n passasier kon daarin slaag om met ernstige beserings uit die motor te kom. Kaurivi was egter vasgevang in die wrak en het doodgebrand.
Vrydag is die 45-jarige James Ribeiro van Ondangwa dood, nadat hy beheer oor sy motor op die Onaanda-Shoni-gruispad verloor het en dit die pad verlaat en omgeslaan het.
Die 23-jarige Frankie Kuhanga is dood, nadat die dubbelkajuitbakkie waarvan hy die bestuurder was, sowat 18 km buite Okakarara die pad verlaat en omgeslaan het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie