Edward Hansen koop Joggie-bul vir N$450 000

'n Suksesvolle boeredag Donderdag op die plaas Hartebeestloop naby Stampriet oor genomika, is vervolmaak deur die Hartebeestloop Bonsmaraveiling die daaropvolgende dag waar die duurste bul vir N$450 000 ­ver­koop is.

Die totale aanbod van 33 Bonsmara-bulle uit die Hartebeestloop-stoet is verkoop teen 'n gemiddelde prys van N$87 303, met 'n hoogste prys van N$450 000. Dit is 'n bewys dat die eienaar, dr. Joggie Briedenhann, en sy span juis die vrugte pluk van hul toegewyde fokus op goeie genetika.

'n Stewige aanbod van 66 Bonsmara-koeie met kalwers van Hartebeestloop Bonsmaras en gasverkopers is vir 'n gemiddelde prys van N$18 822 van die hand gesit.

Edward Hansen is die nuwe eienaar van HART 15-0349, die Bonsmarabul van Hartebeestloop wat vir die hoogste prys van N$450 000 verkoop is. Die tweede duurste bul is vir N$290 000 deur André Carlile gekoop.

Lees die volledige berig hieroor in die Junie-uitgawe van Die Boer wat Woensdag 31 Mei verskyn. Onthou, Die Boer, is deesdae ook by 23 takke van Agra dwarsoor die land beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A