ECN staan bakhand vir nog N$300 m
Om vanjaar se Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesing te behartig, word miljoene benodig.
Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê hy benodig bykomend meer as N$300 miljoen vir vanjaar se Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesing.
Mnr. Theo Mujoro, die ECN se uitvoerende hoof, het dié aankondiging verlede week in ’n onderhoud met die nasionale uitsaaier, die NBC, gemaak.
Volgens Oktober verlede jaar se halfjaar-begrotingshersiening gaan die kommissie in die komende begrotingsjaar met minder as N$70 miljoen moet klaarkom.
Luidens dié dokument is N$69 287 000 vir die 2019-’20-boekjaar begroot. Vir die 2020-’21-jaar beloop die begrote syfer N$69 543 000.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, sal die regering se begroting na verwagting vandeesweek in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel lê.
Dié geleentheid is reeds twee keer uitgestel.
Me. Ericah Shafudah, uitvoerende direkteur van finansies, het verlede week aan Republikein gesê alles is op dreef vir Woensdagmiddag se tertafellegging.
In die onderhoud met NBC sê Mujoro hy weet die land het tans ander finansiële sake wat voorkeur geniet, maar ’n verkiesing is ’n duur oefening – veral wat logistiek betref.
Volgens hom het hy die nuus reeds aan die regering gebreek oor die aanvullende N$300 miljoen wat benodig word. “Dit is ’n verkiesingsjaar, wat beteken baie goed sal gebeur.”
Onder meer, sê Mujoro, word meer geld benodig, omdat personeel vir die aanvullende registrasieproses gewerf moet word.
Hy het die ministerie van finansies by voorbaat vir hul bereidwilligheid bedank om die kommissie aan die hand te vat. “Ons weet daar is baie mededingende verantwoordelikhede waarna die regering moet omsien, maar die tesourie se reaksie was nogal oukei,” sê hy.
Mujoro het voorts gesê 1 000 voertuie word vir die verkiesing benodig. In dié stadium het die regering na wat verneem word reeds 700 voertuie bewillig.
Leë beloftes
Ondanks talle beloftes om ’n uiteensetting te verskaf oor die bykomende N$300 miljoen wat benodig word, het Mujoro teen gister geeneen van sy ondernemings in die verband nagekom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie