ECN sê hulle is reg vir tussenverkiesings

Vier kiesafdelings stem

09 January 2020 | Politiek
Denver Kisting – Mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte verbonde aan die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), sê dié liggaam is gerat vir later vandeesmaand se tussenverkiesings.

Tussenverkiesings is onderweg vir kiesafdelings in Gobabis, Keetmanshoop (stedelik), Walvisbaai (stedelik) en Windhoek (Khomasdal).

Dié verkiesings volgende week is genoodsaak ná ’n omstrede interpretasie van die kieswet waarmee die ECN verlede jaar vorendag gekom het.

Kragtens die lees van die wet moes almal wat gehoop het om die Nasionale Vergadering (NV) vanjaar te haal, bedank as hulle voltyds in die staat se diens was of in ’n plaaslike of streekowerheid gedien het.

Dié mense moes teen 18 Oktober verlede jaar die tuig neerlê om aan die NV-verkiesing op 27 November deel te neem.

Die nasionale kiesliggaam was uit verskeie oorde in die pekel oor dié aankondiging.

’n Windhoekse prokureur, mnr. Norman Tjombe, het by navraag gesê hy reken die ECN se interpretasie was verkeerd.

Mujoro het Dinsdagmiddag gesê die tussenverkiesings sal op 15 Januarie plaasvind.

Die aanvullende registrasieproses vir die tussenverkiesings het tussen 1 en 2 November verlede jaar geskied.

Mujoro sê niemand het teen die voorlopige kiesrol kapsie gemaak nie, wat tot 5 November vir insae beskikbaar was.

Volgens die finale kiesrol is daar 13 457 geregistreerde kiesers vir die Gobabis-kiesafdeling, terwyl die getal vir Keetmanshoop-stedelik, Khomasdal en Walvisbaai-stedelik onderskeidelik 11 534, 25 550 en 23 169 is.

’n Totaal van 260 stembusbeamptes gaan volgende week diens doen, het Mujoro gesê. Dit kom neer op 53 stemspanne wat by 73 stempunte ontplooi sal word, sê die verkiesingsbaas.

Hy sê dié beamptes, politieke partye se agente en verteenwoordigers van onafhanklike kandidate word van vandag (9 Januarie) af tot Sondag opgelei.

Elektroniese stemtoestelle (EVM’s), wat tot ’n geding gelei het ná November se nasionale verkiesings, word ook vir volgende week se tussenverkiesings ingespan, het Mujoro gesê.

Dié toestelle is reeds vroeër vandeesweek aan ’n eerstevlakinspeksie onderwerp, sê hy.

Mujoro sê kiesmateriaal sal van Sondag af onder toesig na die verskillende kiesafdelings vervoer word.

EVM’s sal deur die polisie vervoer word en voor en ná stemdag in hul besit bly, sê hy.

In ’n poging om stemgeregtigde Namibiërs by die stembus te kry, is die kiesliggaam tans besig om hul stemopvoedingsinisiatiewe in die geraakte kiesafdelings op te skerp, sê Mujoro.

Hy het verlede jaar ná ’n tussenverkiesing op Ondangwa gesê die opkoms was pateties.

Net 24% van geregistreerde kiesers hier het opgedaag vir ’n tussenverkiesing wat die belastingbetaler N$2,4 miljoen uit die sak gejaag het.

Beloftes gemaak

Die verkiesingsbaas sê die ECN verbind hom tot vrye, regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesings volgende week.

Die nasionale kiesliggaam is veral tydens verlede jaar se verkiesings dikwels gekap oor wat veral opposisiepartye as ’n gebrek aan deursigtigheid beskou het.

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

17 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...