Eagles nog nie klaar met skokke, glo Muller
Krieket
Tielman van Lill – By die T20 Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate is Namibië en Skotland die enigste twee oorblywende spanne van lande met ICC-assosiaatstatus wat die toetsspelende grotes uitdaag.
Gerhard Erasmus en sy Eagles speel vandag vanaf 16:00 (Namibiese tyd) in Abu Dhabi hul eerste Super 12-wedstryd van die T20 Wêreldbeker teen die gekweste Skotse span.
Skotland se onoorwonne lopie wat hulle in groep B behaal om vir die Super 12-fase te kwalifiseer, is Maandag in hul eerste Superwedstryd teen Afghanistan met ’n nederlaag van 130 lopies tot ’n einde gebring.
Namibië sal sy onlangse sege teen die Skotte as maatstaf wil gebruik om vandag opnuut geskiedenis te maa, terwyl Kyle Coetzer se Skotland-span sal wil terugbons en wys dat hul loesing teen Afghanistan nie ’n ware vertoning van hul vermoëns is nie.
Mnr. Johan Muller, hoofbeampte van Krieket Namibië, het gesê: “Ons is baie positief oor die Eagles se kanse teen Skotland. Ons het hulle vroeër vandeesmaand in ’n amptelike internasionale T20-botsing in Dubai met vyf paaltjies geklop.
“Ons is oortuig die Eagles kan dié een ook wen. Maar dis krieket en enigiets is moontlik. Een of twee goeie boulbeurte met ’n paar foute kan die uitslag van dié wedstryd in enige span se guns swaai.
“Krieket Namibië is geweldig trots op wat die spelers hier bereik het en hoe hulle teen toplidlande presteer het. Dit alleen is vir ons ’n massiewe prestasie, maar dit beteken nie ons gaan daar stop nie.
“Die Eagles het vanjaar reeds soveel opskuddings veroorsaak deur hoër gerekende spanne op ’n gereelde grondslag te klop. Ons is positief om nog ’n paar oorwinnings met die Eagles se volgende vyf wedstryde in die Super 12-groep te bewerkstellig.
“Dis vir die spelers ’n enorme ondervinding om op hierdie vlak teen Indië, Pakistan en Nieu-Seeland op die internasionale verhoog te speel. Ons spelers sien hierdie lande gewoonlik net op televisie speel en nou daag ons teen hulle uit.
“Uit hierdie ondervinding leer ons spelers soveel wat hulle terug na Namibië sal bring sodat ons krieket vir die volgende paar jaar verder kan ontwikkel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie