Eagles kan in Rwanda enduit gaan
Krieket
Tielman van Lill – Die Namibiese vrouekrieketspan sal met groot selfvertroue vanoggend by die Internasionale Gahanga-krieketstadion in Kigali, Rwanda, by die Kwibuka T20-toernooi teen Nigerië in die semifinaal op die veld stap.
Die Capricorn Eagles het al vier hul groepwedstryde oortuigend gewen en in die proses 422 lopies in 69.2 boulbeurte geslaan om met 'n netto lopietempo van 2.66 eerste te eindig. Hierteenoor kon Nigerië slegs een oorwinning, gister teen die wenlose Botswana, behaal.
Kenia (tweede) en Rwanda (derde) sal in vanmiddag se tweede semifinaal bepaal wie tot môre se eindstryd deurdring. Kenia se 383 lopies in 65.4 bb is heelwat beter as Rwanda met 301 in 65.2 bb, maar die tweestryd kan vir vuurwerke sorg.
Nigerië (vierde) se kolwers kon in die groepfase nie teen die uitstekende Namibiese boulaanval die mas opkom nie. Die Namibiese kolflys lyk ook lank en vaardig genoeg om Nigerië gerieflik te kelder.
Francois van der Merwe, hoofafrigter van die vrouespan, sê hulle benader die semifinaal met dieselfde erns as al die ander wedstryde.
“Dit maak nie saak teen wie ons in die semifinaal speel nie, ons sal nie daardie span ligtelik opneem nie. Ons kolwers, boulers en veldwerkers het in al vier wedstryde sover hul kant gebring. In die semifinaal sal dit nie anders wees nie.
“Die boulers het gedissiplineerde lyn en lengte gehandhaaf. Ek is baie tevrede en trots op wat die vroue bereik het. Daar is nog heelwat fasette waarop ons kan skaaf; niks is ooit perfek nie.
“Die semifinaal is 'n nuwe wedstryd, die vorige seges is reeds vergete. Ons konsentreer nou om dinge reg te doen om die botsing teen Nigerië te wen,” het Van der Merwe gesê.
– [email protected]
FOTO’s
Adri van der Merwe, aanvangskolwer van die Capricorn Eagles.
Francois van der Merwe, afrigter van die Capricorn Eagles.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie