Eagles beklink T20-reeks met 3-0 teen Uganda

05 April 2021 | Sport
Die Eagles het vandag in sy laaste Castle Lite T20-botsing by Wanderers in Pionierspark die driewedstrydreeks met ’n derde sege oor Uganda opgeraap.
Die Eagles, wat eerste gekolf het, het 189 lopies vir 3 paaltjies in 20 boulbeurte opgestapel.
Stephen Baard (23, 23 balle, 1x4), Craig Williams (81, 49 b, 12x4, 1x6), JP Kotzé (37, 32 b, 2x4, 2x6), JJ Smit (35*, 13 b, 3x4, 2x6) en Gerhard Erasmus (4*, 3 b) het vir die Eagles se lopies gesorg.
Uganda moes 190 behaal en is nie veel ruimte deur die Namibiese boulers gegun nie.
Tangeni Lungameni (3 vir 30 lopies in 4 boulbeurte), Jan Frylinck (3/21 in 4), Bernard Scholtz (2/23 in 3) en Ben Shikongo (1/16 in 4) het die Kraanvoëls se vlerke vir 124/10 in 20 boulbeurte geknip.
Williams het met sy blitsige 81 lopies ’n mylpaal behaal toe hy die 2 000 lopiekerf in 94 T20-wedstryde teen gemiddeld 26,09 lopies per kolfbeurt verbygesteek het.
Lees môre meer in Republikein oor die eerste twee T20-wedstryde.
Foto JW Prinsloo

Soortgelyk
Heckmair-verhoor verder vertraag
1 uur gelede | Misdaad
Skoolseun in selle oor video van geweld
1 uur gelede | Misdaad
Jong dokter verskyn vir verkragting
5 ure gelede | Misdaad
Leerlingdokter verkrag glo pasiënt
16 ure gelede | Misdaad
Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
16 ure gelede | Misdaad
O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...
16 ure gelede | Mense
Covid-19 teister skole in Hardap
16 ure gelede | Ministeries
Weer vir Woensdag 14 April
16 ure gelede | Weer
Bure help hul buurte skoonhou
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies