E-posse kwesbaar weens 'ernstige swak plek'

'PGP is feilbaar'

17 May 2018 | Tegnologie
Petrus Malherbe - In 'n nuwe navorsingsverslag is bekend gemaak dat 'n gewilde tipe enkripsie vir geheime e-posse eintlik uiters kwesbaar is.

PGP, oftewel Pretty Good Privacy, is 'n stelsel wat e-posse kodeer en ontsyfer tussen twee partye wat die inhoud daarvan 'n geheim wil hou.

Die Electronic Frontier Foundation (EFF) het egter 'n waarskuwing uitgereik dat 'n “ernstige swak plek” in PGP 'n aanvaller teoreties kan toelaat om 'n persoon se eie e-poskliënt te gebruik om gekodeerde e-posse te dekodeer en die teks aan die aanvaller te stuur sonder dat die slagoffer bewus is daarvan.

Besonderhede van PGP se feilbaarheid het aanvank­lik in die Duitse koerant Suddeutsche Zeitung verskyn nadat Sebastian Schinzel van die Munster-universiteit se departement van toegepaste wetenskap die navorsingsprojek gelei het.

PGP-enkripsie word hoofsaaklik deur ­individue gebruik wat bang is hul e-posboodskappe word ­onderskep.

In kort is PGP 'n program wat byvoorbeeld fluitjieblasers, joernaliste of politieke aktiviste gebruik om hul korrespondensie teen onderskepping te beskerm.

Schinzel en sy span het egter bevind dat PGP kwesbaar is en derhalwe nie meer as 'n veilige metode om gekodeerde e-posse te stuur beskou kan word nie.



Is my e-posse kwesbaar?

As jy tans net jou gunsteling-e-posbediener gebruik om boodskappe aan vriende en familie te stuur, word jy nie hierdeur geraak nie.

Jy sal weet of jy tot dusver PGP gebruik het al dan nie, want dit behels 'n afsonderlike program wat ­boodskappe kodeer en dekodeer en die uitruil van privaat digitale sleutels om die inhoud van dié bood­skappe te ontsluit.

Dit word hoofsaaklik gebruik waar die geheime aard van die kommunikasie hoog op prys gestel word.

Indien dit op jou van toepassing is, raai die EFF aan dat jy nie meer programmatuur gebruik wat outomaties gekodeerde boodskappe in jou bestaande e-posbediener dekodeer nie.

Dit is in dié stap wat 'n aanvaller toegang tot die teks in 'n boodskap kan kry.

Daarom raai die EFF aan dat jy enige gekodeerde boodskap in 'n afsonderlike program op jou rekenaar dekodeer terwyl jy nie meer verbind is aan die internet nie sodat 'n aanvaller nie die inhoud daarvan kan onderskep nie. - Netwerk24

Soortgelyk

 

August Maletzky se saak uitgestel

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Slyken Makando, regsverteenwoordiger van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, het bevestig sy korrupsiesaak is vanoggend tot 20 Julie uitgestel.Daarnaas, sê Makando,...

Stemlyn Maandag oop

1 dag gelede | Gebeure

Vanaf Maandag het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys. Wees gereed om jou steun aan Eenhana,...

Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

1 dag gelede | Howe

Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop...

'Reuseterugslag' sou wetsontwerp nie aanvaar word

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Indien die nuwe wetsontwerp op gesondheidsberoepe nie goedgekeur word nie sal dit die “grootste terugslag” vir gesondheid in Namibië wees.Die nuwe wet...

Weer vir 18

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar neerslae word in die verre Weste en Suide van die land verwag. Oorstromings kan oor die sentrale en suidelike kus voorkom. BINNELAND: Gedeeltelik...

Vrou (59) tronk toe oor dagga

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.Volgens die misdaadkoördineerder...

Werke ontken verkoop van woonstelle

1 dag gelede | Ministeries

Catherine SasmanDie ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit...

Wêreld kry eerste byedag

1 dag gelede | Omgewing

Tanja BauseDie getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het ­wetenskaplikes bevind. Die Verenigde Nasies (VN)...

Kuns langs die langpad

1 dag gelede | Mense

Tanja BauseDie hoofpad tussen Rundu en die ­Mururani- veeartsenykundige hek is volgepak met stalletjies wat handgemaakte potte, ­houtsneebeelde en kos wat tans in seisoen is,...