‘Dwelmslaaf’ vermoor glo vriend

29 March 2021 | Misdaad
Leandrea Louw – Swakopmund se gemeenskap is geskok oor die moord op mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69) wat na bewering deur sy 36-jarige vriend in sy huis op Swakopmund verwurg is.

Adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, het bevestig dat Van Schalkwyk, ’n sakeman, Donderdag omstreeks 21:00 by sy huis in Camelthornstraat 5226 in die Ocean View-woonbuurt verwurg is.

“Die oorledene en sy vriend wat die verdagte in die saak is, was by Van Schalkwyk se huis toe ’n argument tussen hulle ontstaan het. Die verdagte het na bewering vir Van Schalkwyk verwurg om hom sy bewussyn te laat verloor, maar hy het gesterf,” het Iikuyu gesê.

“Die verdagte het daarna die huis gesluit en met die oorledene se groen Jeep na ’n dwelmhandelaar se huis in Narraville op Walvisbaai gery waar hy glo die voertuig aan die dwelmhandelaar vir dwelms verruil het.”

Volgens Iikuyu het die verdagte hom Vrydag omstreeks 15:00 aan die polisie oorgegee en is in hegtenis geneem.

Van Schalkwyk het alleen gewoon en die verdagte het glo onlangs vanaf Otjiwarongo gekom om op Swakopmund werk te soek, waar hy by Van Schalkwyk gebly het.

“Die oorledene se liggaam is in die sitkamer gevind en sy liggaam is na die Swakopmund-staatshospitaal geneem. Die Jeep is na die Narraville-polisiekantoor geneem waar dit in veilige bewaring gehou word,” het Iikuyu gesê.

Die oorledene se naasbestaandes is van sy dood ingelig.

’n Vriend van die verdagte is geskok en woedend, “want ná Frikkie se moord het hy (die verdagte) my probeer verlei”.

Die vriend sê die verdagte is ’n volslae dwelmslaaf. “Dit kon net sowel gebeur het dat ek die slagoffer was”.

’n Buurman van Van Schalkwyk het aan Erwin Leuschner van Allgemeine Zeitung gesê hy was ’n baie stil en aangename buurman.

Die verdagte was al agter tralies vir ’n dwelmoortreding en het op Otjiwarongo sy lewe probeer regruk deur fietstoere ter bewusmaking van die gevare van dwelmverslawing by skole landswyd te doen.

Hy sal vandag op klagte van moord en voertuigdiefstal in die Swakopmund-landdroshof verskyn.

[email protected]

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

9 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

9 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

9 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

9 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

9 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

9 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

9 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...