Duiwelsklou verlig armoede in San-gemeenskappe
Me. /Ukxa Kaqece van die Makuri-nedersetting in die Nyae Nyae-kiesafdeling versamel die afgelope paar jaar duiwelsklou om sodoende vir haar en haar familie ’n inkomste te skep.
Aan haar sy is haar man, Kaqece !Ui, wat help duiwelsklou versamel waarmee van koors tot pyn en verskeie ander kwale behandel kan word. Hulle is egter nie die enigste inwoners wat duiwelsklou versamel nie. Verskeie inwoners van die San-gemeenskappe oes die wortel van die plant om hul inkomste aan te vul.
“Dit is baie harde werk, maar ten minste verdien ek iets daarmee,” het sy gesê.
In 2015 het gemeenskappe in die Nyae Nyae- en Na Jaqna-kiesafdeling 24 ton duiwelsklou geoes. Die 575 werkers van wie 50% vroue was, het gesamentlik meer as N$800 000 verdien.
In 2016 het 933 mense van 41 nedersettings geregistreer om die plant te mag oes. /Ukxa ontvang maandeliks ’n pensioen van die regering, maar sê die ekstra inkomste uit duiwelsklou help haar om beter vir haar familie te sorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie