'Duitsland, Namibiu00eb is g'n hou00ebrisikoland'
'Duitsland, Namibiu00eb is g'n hou00ebrisikoland'

'Duitsland, Namibië is g'n hoërisikoland'

Duitse owerhede se besluit kniehalter nie net die Namibiese toerismesektor nie, maar het ook 'n reuse-impak op die Duitse lugrederybedryf.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die toerismesektor het 'n pleidooi aan die Duitse regering gelewer ná die skokaankondiging van hul Robert Koch-instituut dat Namibië vanaf Sondag as 'n hoërisikoland geklassifiseer word.

“Hierdie is 'n groot verrassing vir Namibië en sal die toerismebedryf wat pas weer uit die blokke is, geweldig kortwiek, veral nadat Namibië tydens die tweede helfte van 2020 as een van slegs drie laerisikolande Afrika deur Duitse owerhede erken is,” skryf mnr. Nrupesh Soni van die Namibia Travel & Tourism Forum.

Hy het die brief aan die Duitse federale minister van binnelandse sake, mnr. Horst Seehofer, gesondheidsminister Jens Spahn, buitelandse sake-minister Heiko Maas, die Duitse ambassade in Namibië en die permanente verteenwoordiger, me. Ellen Gölz, gerig.

“Dit is hartseer hoe die Robert Koch-instituut namens Duitse owerhede hierdie verrassende wending gekommunikeer het,” sê Soni.

Namibië is as 'n hoërisikoland van groep 2 geklassifiseer, “naamlik 'n hoë risiko van infeksie weens 'n hoë aantal gevalle,” maar Nrupesh meen dit is onbekend op watter getalle hierdie besluit gebaseer is.

Hy sê volgens statistiek van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Namibië die afgelope vier weke 'n afname in die sewe dae voorkoms van gevalle gehad.

“Eintlik is Namibië se sewe dae voorkoms van gevalle laer as enige lidland van die Europese Unie (EU), behalwe Finland.

“Dit is daarom onduidelik en onverstaanbaar hoe jul owerhede besluit het Namibië is 'n hoërisikoland,” sê Soni.



IMPAK OP DUITSE LUGREDERYE

“Hierdie skielike besluit blyk hoofsaaklik deur interne politiek gemotiveer te wees. Dit belemmer nie net die Namibiese toerismesektor as een van die grootste ekonomiese bydraers in die land nie, maar het ook 'n reuse-impak op die Duitse lugrederybedryf.”

Soni sê Lufthansa het pas twee bykomende weeklikse vlugte tussen Frankfurt en Windhoek aangekondig (met die totaal op vyf weeklikse vlugte) en Condor sal twee weeklikse vlugte vanaf Mei op dié roete vlieg.

Hy wonder waarom al die buurlande (behalwe eSwatini en Lesotho) van Suid-Afrika – wat as 'n SARS-CoV-2 virus-variantland tel – as hoërisikolande verklaar is.

“Dit blyk jul besluit is gebaseer op die aanname dat die virusvariant ook dalk in Namibië kan wees, eerder as jul verduideliking van stygende getalle,” sê Soni.

“Namibië beweeg op die oomblik nader aan die sewe dae voorkoms van 'n gevallekoers van 50 as 'n hoërisikoland. Neem ook in ag dat die 2,5 miljoen Namibiërs in 'n land 2,5 keer groter as Duitsland bly.

“Ons glo sodra Namibië die drumpel van 50 bereik het, sal ons weer as 'n veilige reisbestemming met geen beperkinge verklaar word,” hoop Soni.

Hy sê dit is baie belangrik vir die Namibiese toerismesektor vir doeleindes van langtermynbeplanning om 'n vennoot soos Duitsland te vertrou en hul besluite en kommer rakende reis te verstaan.

“Sowat 120 000 Duitse toeriste het Namibië jaarliks voor die coronapandemie besoek. Duitsland is verreweg die grootste oorsese toeristemark vir die Namibiese toerismesektor,” het Soni beklemtoon.

“Ons vertrou dat die Duitse toeriste wat Namibië die afgelope maande besoek het, noodsaaklik is om die Namibiese toerismesektor kop bo water te laat hou en geensins 'n bedreiging vir Duitsland is om die SARS-CoV-2-virus na jul land te versprei nie,” het hy gesê.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A