Duitsland gee ou kruis terug
Die oorspronklike kruis wat 533 jaar gelede by Kaap Kruis opgerig is, kom huis toe.
Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis in Berlyn aan Namibië oorhandig word.
Die Duitse federale regering se kommissaris vir kultuur en die media, me. Monika Gruetters, het Vrydag in dié museum in Berlyn aangekondig dat die klipkruis wat Diego Cão in 1486 by Kaap Kruis opgerig het, aan Namibië teruggegee word, het Associated Press (AP) berig.
Cão was die eerste Europeër om in Namibië voet aan wal te sit. Hy het in 1486 dié klipkruis van 3,5 m met die Portugese landswapen daarop, by Kaap Kruis opgerig.
Die inskripsie daarop lees: “In die jaar 6685 na die skepping van die wêreld en 1485 na die geboorte van Christus het die briljante, versiende koning Johannes II van Portugal vir Diego Cão, 'n ridder van sy hof, gestuur om hierdie land te ontdek en hierdie padrão (kruis) hier op te rig.”
Cão is by Kaap Kruis dood en daar begrawe. Die kruis wat hy opgerig het, was vir opvolgende ontdekkingsreisigers — soos Bartolomeus Dias (1487-'88) en Vasco da Gama (1497-'99) — 'n baken onderweg na die Kaap de Goede Hoop en verder.
Dit was so 'n bekende landmerk dat dit op ou kaarte van die gebied uitgebeeld is, berig die BBC.
Die oorspronklike kruis het vir 400 jaar by Kaap Kruis gestaan tot dit gedurende die Duitse koloniale tyd verwyder en in 1893 na Duitsland geneem is. 'n Replika daarvan is later by Kaap Kruis opgerig.
Gruetters het gesê die gebaar toon Duitsland kyk sy koloniale verlede in die oë.
Namibië se ambassadeur in Duitsland, mnr. Andreas Guibeb, het volgens die BBC gesê “dit is 'n belangrike stap om ons met ons koloniale verlede en die spoor van vernedering en sistematiese ongeregtigheid te versoen”.
Volgens die museum se direkteur, mnr. Raphael Gross, sal dié belangrike geskiedkundige artefak in Augustus na Namibië gebring word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie