Duitsland gee N$103 miljoen vir weermagprogramme

02 March 2021 | Onderwys
Die Duitse ambassade in Namibië het €5,3 miljoen (sowat N$103 miljoen) oor die volgende vier jaar aan die ministerie van verdediging en veteranesake vir hulpprogramme met toerusting geskenk.

Die ooreenkoms is deur die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Herbert Beck, en Namibië se uitvoerende direkteur van verdediging, me. Trephine Kamati, onderteken.

Die program is deel van Duitsland se vennootskap met gewapende magte in gekose lande in Afrika om kapasiteit vir vredesmagte te bevorder. Dit behels operasies in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die Afrika-unie (AU) en Verenigde Nasies om vrede en stabiliteit op die vasteland te handhaaf.

Namibië is sedert 1993 'n vennoot in die program wat in tydperke van vier jaar verdeel word. Tot dusver is toerusting van meer as €30 miljoen aan Namibië geskenk.

Programme wat vanaf 2021 tot 2024 uitgevoer sal word, behels:

• Die konstruksie van 'n mobiele bevelspos vir die staande mag van SADC waar die Namibiese weermag hier deel is van SADC-samewerking.

• Voortgaande sentrale steun vir vredesmissies, veral beroepsopleiding.

• Die voortgaande ontwikkeling van 'n sentrale mediese skool.

• Steun aan die Skool vir Militêre Wetenskap as 'n fakulteit van die Universiteit van Namibië op die gebied van akademiese opleiding.

Die groot projekte wat tussen 1993 en 2020 geïmplementeer is:

• Die konstruksie van 'n fasiliteit by Walvisbaai om ammunisie en ploftoestelle te vernietig.

• Die vestiging van 'n opleidingswerkswinkel vir motorwerktuigkundiges by die Osona militêre basis. Daar is ook 'n werkswinkel vir mediese tegnologie, asook 'n beroepsopleidingarea.

Vanaf vanjaar word steenmakers, skrynwerkers, elektrisiëns, lugver­sorgertegnici, swysers en loodgieters hier opgelei.

• 'n Bestuurskool is vir die opleiding van bestuurders van die gewapende magte van Namibië gevestig.

• Die vestiging van 'n siekeboeg en 'n motorwerkswinkel by Oshivelo.

• 'n Mobiele veldhospitaal is by die Osona militêre basis opgerig, met fokus op sleutelareas soos 'n laboratorium, teater, intesiewesorgmedisyne, X-strale, tandheelkundie en 'n ongevallekamer, asook 'n mobiele produksiefasiliteit vir mediese suurstof. Dit sluit ook 'n behandelingsaanleg in wat soutwater en besoedelde varswaterbronne drinkbaar maak.

'n Apteek, sanitêre en wasgoedgeriewe, akkommodasie en 'n kombuis is ook deel van die mobiele veldhospitaal. – [email protected]

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

2 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

13 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

13 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

13 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

13 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

13 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

13 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...