Duitse kiesers besluit in September oor Merkel se toekoms
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, se regering het gister 24 September as die datum vir die algemene verkiesing, waarin sy vir ‘n vierde termyn staan, aangekondig. Vanjaar staar Merkel strawwe populistiese teenstand oor die rekord aantal migrante se invloei in Duitsland in die gesig.
Die datum moet nog formeel deur pres. Joachim Gauck goedgekeur word.
Tog het die aankondiging die begin van ‘n verkiesingstryd aangedui waartydens Merkel se liberale asielbeleid getoets sal word.
Desondanks is Merkel die voorloper en sy geniet wye steun in Duitsland, Europa se topekonomie.
‘n Meningspeiling wat gister gepubliseer is, toon dat haar konserwatiewe Christelike Unie-blok (CDU/CSU) as die sterkste politieke mag in die land na vore getree het met 38 persent van die steun.
Die Sosiale Demokrate (SPD) is ver agter in die tweede plek. Die party is die junior vennote in Merkel se “groot koalisie”-regering.
Die verregse anti-immigrasie Alternatief vir Duitsland (AfD), wat in opstand gekom het oor Merkel se besluit om meer as ‘n miljoen asielsoekers sedert 2015 in die land toe te laat, se steun staan nou op elf persent.
Tog kan die AfD, gebore as ‘n Euro-skeptiese party in 2013, die potensieel gekompliseerde proses van koalisievorming ná die verkiesing verder bemoeilik, veral vanweë die steun wat die party geniet.
Volgens die meningspeiling het die ekologiese Groenparty en die verlinkse Linke elk nege persent steun en die pro-sake Vrye Demokrate ses persent van die steun.
Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, het Maandag in ‘n koerantonderhoud gesê Merkel het ‘n “katastrofiese fout” gemaak deur toe te laat dat migrante Duitsland binnestroom.
Ontleders meen egter dat Duitsers se onsekerheid oor die toekoms met Trump aan die stuur in Washington, Merkel se veldtog kan help met kiesers wat tekens van stabiliteit soek. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie