Duisende treiter Trump by gholfbaan
Duisende mense het Saterdag in Edinburg, Skotland, byeengekom om teen pres. Donald Trump van die VSA se besoek aan die Verenigde Koninkryk te betoog.
Die BBC berig dat hulle betoog het terwyl Trump gholf gespeel het by die Turnberry-oord aan die kus van Ayrshire.
Trump is tans in Skotland op 'n privaat besoek voor sy beraad met pres. Wladimir Poetin in Helsinki vandag.
Tydens sy ronde gholf is hy uitgejou deur betogers wat buite die oord byeengekom het.
Die president, saam met 'n groot gevolg van sowat 12 gholfkarretjies en verskeie lyfwagte, is begroet deur mense wat geskree het dat hy 'n “rassis” is en dat hy “moet huis toe gaan,” berig The Telegraph.
Trump, wat 'n wit hoed gedra het met “USA” daarop geskryf, het die betogers uitgetart deur vir hulle te waai vanuit 'n gholfkarretjie.
Hy het glo by die vierde putjie na die rand van die gholfbaan geloop, 'n kort entjie van die betogers af, en gewaai en geglimlag voordat hy aanbeweeg het.
Jonathon Shafi, van die groep Scotland Against Trump, sê hy wil eensgesindheid met Amerikaners toon wat teen Trump gekant is, berig CBS News.
“Dit is nie aanvaarbaar dat 'n president praat oor om vroue te betas en kinders van hul ouers te skei of om Fasciste, rassiste, vrouehaters en homofobiese mense aan te moedig nie,” sê hy.
“Ons is nie anti-Amerikaans nie, ons is net teen Trump en sy verdelende regime.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie