Duisende stukke onwettige wapentuig ingehandig
Elvira Hattingh - Altesaam 812 gewere, 11 851 patrone en 19 plofbare toestelle is sedert die verklaring van ''n drie maande lange amnestie by polisiekantore oral in die land ingehandig.
Dit volg nadat die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, ''n kennisgewing op 25 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer het waarin voorsiening gemaak word dat mense wat enige onwettige of ongelisensieerde wapens, ammunisie en krygstuig aanhou, dit sonder vervolging by ''n polisiekantoor aan die bevelvoerder mag oorhandig.
Dit sal ook verhoed dat hierdie mense in die toekoms vervolg word.
Altesaam 663 gewere, 733 patrone en 9 plofbare toestelle is in die Khomasstreek ingehandig, terwyl 31 gewere en 589 patrone in die Omusatistreek ingehandig is. Die meeste patrone (4 386) en plofbare toestelle (10) is in die Otjozondjupastreek ingehandig, gevolg deur die Oshikotostreek, waar 2 790 patrone ingedien is.
Die polisie het sy waardering vir die publiek se samewerking in verband hiermee uitgedruk.
“Inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga van die Nambiese polisie spreek sy waardering uit teenoor elkeen wat op dié nasionale oproep gereageer het en doen ''n verdere beroep op mense wat steeds in besit van enige onwettige of ongelisensieerde wapens, ammunisie of krygstuig is, om dit by hul naaste polisiekantoor in te dien.
“Hulle sal nie vervolg word nie en die publiek het nog tot 18 November om bogenoemde items in te dien,” lui ''n kennisgewing wat eergister deur die polisie uitgereik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie