Dubbele SADC-troika vergader
Die spitsberaad sal verskeie SADC-aangeleenthede onder die loep neem.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se dubbele troika van staatshoofde hou môre ‘n spitsberaad in Luanda, in Angola.
Die spitsberaad bestaan uit staatshoofde of hul verteenwoordigers van Suid-Afrika (voorsitter van die SADC), Namibië (ondervoorsitter van die SADC), Swaziland (die uittredende voorsitter van die SADC), Angola (voorsitter van die instansie vir veiligheid en sekuriteit), Zambië (die inkomende voorsitter van die instansie) en Tanzanië (die uittredende voorsitter van die instansie).
Die spitsberaad van die dubbele troika sal vorderingsverslae oor die implementering van SADC-besluite in Lesotho; die politieke en veiligheidsituasie in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), die instelling van die SADC-skakelkantoor in die DRK en die konsolidering van demokrasie in die streek ontvang.
Dit word voorafgegaan deur ‘n ministeriële vergadering van troika-lede op 23 April.
Die SADC bestaan uit 16 lidlande en is in 1980 tot stand gebring.
Die SADC se missie is om volhoubare en gelyke ekonomiese groei en sosioëkonomiese ontwikkeling deur doeltreffende produktiewe stelsels, dieper samewerking en integrasie, goeie staatsbestuur en volgehoue vrede en sekuriteit te bevorder sodat die streek as ‘n mededingende en doeltreffende rolspeler in internasionale betrekkinge en die wêreldekonomie na vore kan tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie