DTA neem die voortou
DTA neem die voortou

DTA neem die voortou

Die DTA was gister die ­eerste politieke party om sy ­geouditeerde finansiële verslae by die Nasionale Vergadering in te dien.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Volgens die nuwe kieswet wat in 2014 van krag geword het, moet alle politieke partye wat geld van die regering ontvang, jaarliks geouditeerde finansiële verslae by die Nasionale Vergadering (NV) indien om sodoende rekenskap van die besteding van belastingbetalers se geld te gee.

Die DTA se tesourier, mnr. Nico Smit, vergesel van sommige van sy partylede, het gister in die Grondwetkamer by die NV die party se geouditeerde finansiële verslae aan die sekretaris van die NV, me. Lydia Kandetu, oorhandig.

Smit het daarop gewys die kieswet bepaal dat die verslae drie maande na die einde die boekjaar ingedien moet word, maar dit nie moontlik was om dit vroeër af te handel nie weens die druk wat ouditeurs dié tyd van die jaar ondervind.

Met die oorhandiging van die verslae het die DTA die eerste en enigste party geword om aan die wet gehoor te gee.

Die DTA het die geouditeerde verslae drie weke gelede ontvang, dit twee weke terug tydens ''n vergadering van die party se sentrale komitee aanvaar en gister aan Kandetu oorhandig.

“Ons stel hierdeur ''n voorbeeld aan ander politieke partye, want almal wat geld van die regering ontvang, moet dit doen.

“Dit is ook belangrik omdat kiesers moet weet vir watter doel die belastingbetalers se geld aangewend word. Die geld kan byvoorbeeld nie gebruik word om wins mee te maak nie en kan uitsluitlik vir politieke doeleindes aangewend word.

“Ons is baie trots om te kan sê die DTA het ''n ongekwalifiseerde ouditverslag gekry en die ouditeurs geen fout kon vind nie. Ons was in staat om met behulp van kwitansies bewys te lewer van elke sent wat ons ontvang en bestee het,” het Smit gesê.



Kandetu sê dankie

Kandetu het op haar beurt die DTA bedank vir die verslae en gesê sy sal dit aan die speaker oorhandig, wat dit op sy beurt in die NV ter tafel sal lê, soos die geval is met enige ander geouditeerde verslag waarin reken­skap van staatsbesteding gegee word.

Sy het beaam die DTA is inderdaad die eerste party om sy finansiële verslae in te dien.

Die DTA se president, mnr. McHenry Venaani, wat ook die geleentheid bygewoon het, het gesê hy het ''n brief aan die kantoor van die ombudsman geskryf waarin hy vra dat die ombudsman die staatsonderneming August 26 voor die hof moet daag omdat die maatskappy weier om sy boeke vir die NV oop te stel .

Venaani het vroeër vanjaar in die NV ''n vraag aan die minister van verdediging gestel oor die feit dat die geouditeerde finansiële verslae van die onderneming nog nooit vir die oë van NV-lede beskore was nie. Die antwoord wat hy gekry het, was dat die onderneming vanweë die sensitiewe aard van sy werk nie aan dieselfde reëls onderwerp is nie en gevolglik nie aan die NV verantwoording hoef te doen nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057