Du00edt lu00ea Maandag by Oscars voor
Du00edt lu00ea Maandag by Oscars voor

Dít lê Maandag by Oscars voor

Yandi Du Plessis
Fliekvlooie wat lank reeds geduldig wag vir vanjaar se Oscars-toekenningsgeleentheid kan amptelik die slapies voor die begin van Hollywood se gesogste prysuitdeling op een hand aftel.

Die Oscars, wat normaalweg in Februarie deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences (Ampas) uitgedeel word, vind vanjaar weens die pandemie op 25 April (of in Namibiërs se geval, vroeg op Maandag 26 April) plaas. Hoewel die seremonie later plaasvind, kom slegs rolprente wat in 2020 óf in rolprentteaters óf aanlyn uitgereik is in aanmerking vir ’n goue beeldjie.

Hoe presies vanjaar se seremonie daar gaan uitsien, is nog grootliks ’n geheim, maar Ampas het wel hier en daar die aap uit die mou gelaat.

Die seremonie sal oudergewoonte weer vanuit die Dolby-teater in Hollywood plaasvind, maar om ’n gesonde afstand te kan handhaaf sal dit ook vanuit Union Station in Los Angeles aangebied word. Variety berig slegs 170 gaste sal in die Dolby-teater toegelaat word – en dat hulle sal roteer met gaste wat al die aksie vanuit Union Station volg. Elke gas sou ten minste drie koronavirus-toetse moes ondergaan voor hulle Union Station en later die Dolby-teater mag betree.

Skindertonge beweer daar sal ook vanuit Kalifornië ’n satellietverbinding met venues in Londen en Parys wees, veral vir dié benoemdes wat nie na Amerika kan reis nie, maar dit is nog nie amptelik bevestig is nie.

Die seremonie gaan vanjaar deur ’n spesiale vertoning, bekend as Oscars: Into the Spotlight, voorafgegaan word. Dié vertoning van sowat 90 minute is vooraf opgeneem en gaan uitvoerings van al die liedjies wat vir beste liedjie benoem is, insluit – uitvoerings wat in die verlede deel van die Oscars-seremonie uitgemaak het.

Modefoendi’s hoef nie bekommerd te wees dat die rooi tapyt met bekendes in ontwerpersrokke en -pakke daarmee heen is nie. Die Oscars sal vanjaar ’n rooi tapyt hê en die meeste van die benoemdes sal die seremonie bywoon, wat in teenstelling is met die meeste ander prysuitdelings waar bekendes en benoemdes bloot via Zoom vir die seremonie ingeskakel het. Fotograwe en joernaliste op die rooi tapyt sal egter beperk wees, selfs tot net drie fotograwe op ’n slag.

Elke gas sou ten minste drie koronavirus-toetse moes ondergaan voor hulle Union Station en later die Dolby-teater mag betree.

Die Oscar-bekroonde regisseur Steven Soderbergh, wat ook vanjaar se Oscars-seremonie regisseer, het gesê dat die seremonie “meer soos ’n rolprent, nie soos TV nie” gaan lyk, maar dit is nog onduidelik wat hy daarmee bedoel.

Hy het dit wel onomwonde gestel dat gesigmaskers ’n groot deel van die seremonie gaan uitmaak. Bekendes gaan egter nie maskers dra wanneer die kameras in die teater rol nie, slegs wanneer hulle nie op kamera verskyn nie.

Ampas het nog nie die hele gastelys vir die sterbelaaide geleentheid bevestig nie, maar het wel gesê dat Angela Bassett, Bong Joon Ho, Brad Pitt, Bryan Cranston, Don Cheadle, Halle Berry, Harrison Ford, Joaquin Phoenix, Laura Dern, Marlee Matlin, Reese Witherspoon, Regina King, Renée Zellweger, Rita Moreno en Zendaya pryse gaan aanbied of kategorieë gaan aankondig.

Wie eindelik gaan wen, sal almal eers Maandag uitvind. Hou gerus ’n oog op die prys vir beste vollengte dokumentêre rolprent: Suid-Afrika se My Octopus Teacher gaan heel moontlik in dié kategorie koning kraai.

M-Net het Donderdag op Twitter gesê hy kan nog nie bevestig wanneer hy die Oscars gaan uitsaai nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!