Dís 2020 se gewildste Afrikaanse liedjies op Spotify

04 December 2020 | Kuns en vermaak
As jy gewonder het na watter Afrikaanse liedjies musiekliefhebbers vanjaar die meeste geluister het, het Spotify vir jou ’n antwoord.
Die musiekstromingsdiens, wat soos ander stromingsdienste nie aldag oop kaarte oor sy syfers speel nie, het Dinsdag sy jaarlikse Wrapped-syfers bekend gemaak, wat die mees gestroomde liedjies op die platform in talle kategorieë saamvat.
Een van dié kategorieë is die gewildste Afrikaanse kunstenaars en die meestal Afrikaanse liedjies wat die meeste vanjaar gestroom is – die top-10 word in die grafika vervat.
“Swart vere” van Spoegwolf beklee die boonste plek op die ranglys, terwyl “Pens en pootjies” deur Snotkop en “Land en sand” deur Bok van Blerk onderskeidelik die tweede en derde plek beklee.
Dit is nie bekend hoeveel keer dié liedjies spesifiek vanjaar op die platform gestroom is nie.
Chris von Wielligh, Spoegwolf se kitaar- en klavierspeler, sê dié prestasie is vir die groep “amazing”.
“Ons is altyd baie dankbaar dat mense ons musiek luister. ‘Swart vere’ is die single op ons jongste album, Wind, wat ons in lockdown opgeneem en op 1 September uitgereik het.”
Ook Snotkop was uit die veld geslaan oor die nuus.
“Ek is aangenaam verras dat ‘Pens en pootjies’ in die top-10 is!” sê hy.
“Dit is alles te danke aan al my ondersteuners daarbuite wat dit so stukkend luister! Dankie aan elkeen van hulle!”
Afrikaanse kunstenaars en liedjies pryk ook op heelwat van die ander ranglyste wat Spotify uitgereik het. Spoegwolf, Snotkop, Bok van Blerk en Appel is vanjaar aangewys as onderskeidelik die vierde, agtste, negende en tiende gewildste Suid-Afrikaanse kunstenaars (van alle tale) op die platform.
Early B het met sy liedjie “Ben Ten” ook die top-10 gehaal in die kategorie vir beste Suid-Afrikaanse hiphop-kunstenaars.
In die kategorie gewildste Suid-Afrikaanse liedjies (oor alle tale heen) beklee Elaine met “You’re the One” die boonste plek, terwyl Master KG en Nomcebo Zikode se wêreldbekende en aansteeklike “Jerusalema” slegs vyfde op dié ranglys is.
Dié liedjie, wat tot die wêreldwye #JerusalemaDanceChallenge gelei het, is wel sedert verlede jaar meer as 105 miljoen keer op Spotify gestroom. - Netwerk24

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
46 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies