Droom van professionalisme, WB nagejaag
Twaalf spanne landswyd se kompetisie vir die wenprys van N$40 000 begin vannamiddag.
Jesse Jackson Kauraisa – Netbal Namibië (NN) koester groot drome dat die MTC premierliga wat gister bekendgestel is, die platform sal skep om die nasionale span tot nuwe hoogtes te ontwikkel.
’n Kompeterende premierliga is ’n belangrike skakel om ’n span op te bou wat vir die eerste keer in die land se geskiedenis vir die Wêreldbeker te kwalifiseer, het die oudspeler en nou administrateur me. Rebekka Goagoses-Nekundi gesê.
Namibiese netbal se enigste deelname nóg aan die wêreldkampioenskap was ’n leeftyd gelede in 1991 in Nieu-Seeland, waar die vroue 13de uit 20 lande geëindig het.
Die volgende Wêreldbeker word in 2023 in Kaapstad aangebied en Nekundi-Goagoses het die hoop uitgespreek dat die premierliga mettertyd ten volle professioneel kan raak.
Die premierliga skop vandag en môre by die bane van Trustco United in Olympia af, met twaalf spanne uit verskeie uithoeke van die land.
Te danke aan MTC Namibia se borgskap aan Namibiese netbal (N$4.5 miljoen, versprei oor drie jaar) ontvang elke deelnemende span N$60 000 vir logistiek en administrasie.
Die ligawenner sal N$40 000 losslaan, die naaswenner N$35 000 en die bronswenner N$25 000.
Nekundi-Goagoses is vol vertroue die borgskap kan die lewe van vele netbalspelers help verander.
“Ons wil hê ons MTC netballiga moet die beste spelers oplewer wat ons na die groot netballande soos Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland kan uitvoer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie