Droogtenood in Suide al groter
Veevoere word tans ingesamel om te keer dat vee op droogtegeteisterde plase in die Suide vrek.
Ronelle Rademeyer
'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in die Suide, waar die droogte kritieke afmetings aanneem, in te samel.
Mnr. Fanie Pienaar, projekkoördineerder, sê ruvoer soos gras, hawer en hooi, lekke om die diere se uithouvermoë te verbeter, asook mielies word benodig.
“Die projek het klein begin. Ons wou aanvanklik net vyf tot 10 boere help.”
Hy sê intussen het dit geblyk die nood is veel groter en dat die situasie op meer as 50 kommersiële plase kritiek
is.
“Die opname is nog nie eens op kommunale en hervestigingsplase gedoen nie, wat beteken die werklike omvang is eintlik baie groter,” sê hy.
Pienaar sê dit het tydens die 2016-'17-reënseisoen baie kol-kol in die Suide gereën en dat die meeste plase nie reën gekry het nie.
“Die situasie in veral die //Kharasstreek is haglik. Die droogte raak feitlik die hele gebied van Mariental suidwaarts tot teen die Oranjerivier en van die kus af tot teen die oostelike grens.
“Daar is boere in die gebied suid van Aroab in die rigting van Karasburg wat die afgelope drie jaar maar sowat 100 mm reën gekry het,” sê hy.
Weswaarts in die gebied bekend as “Die Vloere”, is dit ewe haglik.
Pienaar sê skenkings is al ontvang, maar logistieke probleme word met die vervoer daarvan ervaar.
“As boere in die Noorde gras en voer skenk, is dit moeilik om dit in die Suide te kry.”
Hy sê van die hulpbehoewende boere het hul vragmotors aangebied om die voer te help aanry.
Die moontlikheid word ook ondersoek om Suid-Afrikaanse vervoerders wat met leë vragmotors suidwaarts ry, te nader. Spesiale toestemming moet egter by die Paaieowerheid (RA) gekry word, aangesien hulle net vragte oorgrens mag vervoer en nie binnelands nie. Boere, instansies en ander mense wat tot die projek wil bydrae, kan Pienaar by 081 127 9889 of [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie