Drome spoor Ndafoluma aan
Drome spoor Ndafoluma aan

Drome spoor Ndafoluma aan

Die vegters in die hoof- en hoofvoorgeveg is vol ambisie dat geen opponent in hul pad gaan staan nie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die MTC Salute-boksakademie gaan op 27 Februarie by die Windhoek Buiteklub sy eerste professionele bokstoernooi vir 2021 aanbied.

Volgens Salute sal elf gevegte plaasvind. Lukas “The Demolisher” Ndafoluma (35) sal vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se Pan-Afrika middelgewigtitel (72.5 kg) in die hoofgeveg in aksie wees.

In die hoofvoorgeveg sal Nathanael “Natty” Kakololo (31) sy Afrika-boksunie (ABU) veergewigtitel (57 kg) op die spel plaas. Hy het dié titel in Augustus 2019 teen Toto Helebe van Suid-Afrika met 'n eenparige puntebeslissing oor 12 rondes beklink. Hy het in 2018 ook die vakante internasionale veergewigtitel van die Wêreldboksfederasie teen Israel Kammwamba van Malawi in Windhoek opgeraap.

The Demolisher, met 22 gevegte, 18 seges (9 uitklophoue) en drie verloorslae, pak Simeon “Super Power” Tchetha (24) van Malawi oor 12 rondes. Tchetha, wat sy professionele debuut op 20 Augustus 2016 in Lilongwe, Malawi, gemaak het, spog reeds met 14 gevegte waarvan hy tien gewen het (8 uitklophoue), drie verloor en een keer gelykop geboks het.

Ndafoluma het laas in September 2019 verloor, toe hy ná tien rondes teen Apti Ustarkhanov (30) in Grozny, Rusland, eenparig met punte (96-95, 93-97, 93-97) geklop is. Hy en die Rus het vir die Wêreldboksraad en Asiese Boksraad se tussentydse kontinentale middelgewigtitel deur die toue geklim het.

Sedertdien het The Demolisher plaaslik goeie oorwinnings behaal. Hy het Charles Misanjo van Malawi op 7 Desember 2019 met 'n uitklophou in die vyfde ronde gestuit. Verlede Desember bemeester hy sy landgenoot Kristian Ukelo in Windhoek met 'n tegniese uitklophou in die vyfde ronde.

Of Tchetha, wat 'n uitkloprekord van 57 persent het, 'n lam ter slagting gaan wees, sal die tyd moet leer. Dit wil lyk of hy sy laaste uitklopnederlaag in Mei 2019 in Harare teen Namibië se Walter “The Executioner” Kautondokwa reeds deeglik verwerk het.

Hy het eers 18 maande ná dié uitslag sy terugkeer tot die kryt gemaak, maar oorweldig Charles Misanjo op 29 November 2020 in Malawi met 'n tegniese uitklophou in die vierde ronde.

Vir Tchetha sal dit slegs die tweede keer wees dat hy buite Malawi die handskoene vasknoop.

In die hoofvoorgeveg verdedig Kakololo sy ABU-titel teen die 32-jarige Tinashe Mwadziwana. Die wisselvallige Zimbabwiër met die vegnaam “The Chairman” (17-12, 10 uitklophoue) het sy laaste vyf gevegte gemaklik in sy tuisland gewen.

Hy moes reeds vyf keer tevore die knie in Namibië buig, teen boksers soos Joseph “Smokey Joe” Hilongwa (drie keer), Abmerk Shidjuu en Immanuel “Prince” Naidjala.

Kakololo (10-1) het nog net een keer, in November 2015 in sy vierde geldgeveg met punte teen Onesmus Nekundi (Namibië), die knie gebuig. Sedertdien het hy sewe oorwinnings opgestapel waarvan hy twee met uitklophoue beëindig het.

In sy laaste uitstappie verlede jaar November in Windhoek teen Johannes Niinkoti (Namibië) het hy met punte oor ses rondes gewen. 'n Hoogtepunt was egter sy epiese ABU-titelgeveg elf maande tevore teen Jeff Magagane van Suid-Afrika, teen wie hy eenparig met punte die gordel beklink ht het.

The Demolisher het by gister se mediageleentheid gesê: “My dank gaan aan God vir die groot kans wat Hy my gun om vir die gesogte titel te veg. Dit was nog altyd my droom, wat nou eindelik 'n werklikheid word. Baie dankie aan MTC; sonder julle sou die geveg nie moontlik gewees het nie.

“Baie dankie aan Salute en hul vertroue in my, asook my afrigters en skermmaat. Dit is 'n groot eer vir my om vir die WBO-titel te veg en ek sal in die kryt wys hoe dankbaar ek is.

“Hierdie is net die begin van groot dinge in my loopbaan. Daar was nog niks in die lewe wat ek wou gehad het, wat ek nie kon kry nie. My mikpunt is om die wêreldkampioen te word.

“Van my teenstander weet ek niks nie. Ek hoef niks van hom te weet nie. Ons sal mekaar in die kryt ontmoet.”

Kakololo het gesê: “Baie dankie aan MTC vir die geleentheid. Mwadziwana het deur sy afrigter vir my 'n boodskap gestuur en vertel dit is sy droom om my titel af te vat. Ek glo egter in myself en belowe julle ek sal ná 27 Februarie steeds steeds die ABU-kampioen wees.

“Ek weet nie veel van my teenstander nie, maar ek ken myself en ek weet wat ek in die kryt kan doen.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.03% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 939.84/OZ DOWN -0.0002 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.03% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 939.84/OZ DOWN -0.0002