Drie uit drie vir Wanderers

Krieket
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die eerste span se oorwinning teen Ceiling Centre WHS Old Boys was laas naweek nie die enigste hoogtepunt vir Samsung FNB Wanderers krieketklub nie, met sy tweede en derde spanne wat ook oortuigend aan die wenkant was.

Wanderers II het by Affiespark met sewe paaltjies verby WHS Old Boys se tweede span gestorm.

Die besoekers se kolwers was deurlopend in die moeilikheid en is vir 'n beskeie 110 lopies uitgeboul. Vernon Cloete se vasberade 39 lopies van 59 balle (4x4) was die enigste weerstand teen die boulwerk van PD Blignaut (3/14 in 8 bb), kaptein Ewald Steenkamp (2/2 in 2 bb) en Steven Delport (2/14 in 4).

Wanderers het drie paaltjies (met sy totaal op 31, 60 en 95) verloor, maar Ewald Steenkamp (43 nie uit nie van 57 balle, 6x4) en Gerhard Lotter (21 van 28 balle, 3x4) het van die oorwinning seker gemaak.

• 'n Honderdtal deur die skoolseun Lu-Hendro de Waal was die hoogtepunt van Wanderers Platteland se wegholsege met 77 lopies teen Trustco United se tweede span by Gemsbokpark.

United het die besoekers ingestuur om eerste te kolf en dinge het sommer spoggerig vir hulle gelyk toe Wanderers op 18/4 gesteier het.

Jan-Izak de Villiers (0) en sy aanvangsmaat Dian Thirion (0), Hansie de Villiers (6) en Tobie Verwey (7) is almal goedkoop uitgehaal.

Onder druk het die jong De Waal (113 van 87 balle, 11x4 3x6) egter oordeelkundig aangeval en het ook 'n blywende kolfvennoot in Wian Loubscher (59 van 53 balle, 5x4) gevind. Saam het dié twee aan 'n vennootskap van 128 lopies gebou.

Wanderers is almal uitgeboul vir 257 lopies.

Die keur van United se boulers was Wouter Venter, met 4/16 in 6.2 boulbeurte. As kolwer het hy ook 21 lopies bygedra, maar United is vir 180 almal uitgeboul.

Henry Hayes (44 van 38 balle, 5x4 1x6), Dion Venter (23 van 15 balle, 3x6) en Brendan Britten (49 van 51 balle, 3x4 2x6) het moedig vir United gekolf.

Speler van die wedstryd Lu-Hendro de Waal het met sy draaiballe ook gebaljaar en 4/44 in 7 boulbeurte platgetrek. Ewe giftig was Tobie Verwey met 4/13 in 5.4 bb.



PREMIERLIGA

Op die laaste naweek voor die semifinale is daar in werklikheid net 'n akademiese kans dat die posisies van enige van die vyf spanne op die puntelys sal verander.

By die CCD-veld in Pionierspark sal CCD Tigers môre nietemin oorgehaal wees om sy buurklub Samsung FNB Wanderers te ontvang en onder soveel druk as moontlik te plaas.

WHS Old Boys moet op sy beurt hergroepeer ná laas naweek se glip by Wanderers, wanneer die bloues reis om môre op Walvisbaai se Sparta-veld hul ligaverpligting teen MR24/7 Welwitschia na te kom.

Die tweede geplaaste Old Boys (98 punte) het 'n geringe kans om met bonuspunte verby die onoorwonne Wanderers (113) te skuif. CCD (85) behoort derde te bly, United (48) vierde) en Welwitschia uitgeskakel op 24.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.86/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 884.30/T DOWN -2.36% | Brent Crude Oil US$ 83.26/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 968.76/OZ DOWN -0.01 #N/A