Drie sterf in Okakarara-ongeluk
Ongelukke
Saterdag omstreeks 16:00 is drie mans op slag dood toe die sedan waarin hulle gery het, omgeslaan en in ’n betonmuur langs John Tjikuuastraat in Okakarara vasgejaag het.
Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, het gister gesê die slagoffers is geïdentifiseer as mnre. Ririkeho Kahiriri (23), Kennedy Kutako (24) en die 39-jarige Puvitanda Kaangundue, wat die wit Mercedes Benz bestuur het.
Mbeha het gesê die drie mans is inwoners van Okakarara en hul naasbestaandes is in kennis gestel.
Sy sê die voertuig het teen ’n hoë spoed uit die oostelike rigting na die sentrale sakegebied aangery gekom en ’n ander voetuig probeer verbysteek, toe die bestuurder volgens ooggetuies beheer verloor het, wat veroorsaak het dat die voertuig teen die betonmuur van die Okakarara-beroepsopleidingsentrum gebots het.
“Weens die harde impak van die botsing, word beslis vermoed dat spoed ’n rol kon gespeel het,” het Mbeha gesê.
Die polisie-ondersoek duur voort.
– NAMPA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie