Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, 97 nuwe gevalle
Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, 97 nuwe gevalle

Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, 97 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het drie nuwe Covid-19-verwante sterftes vanaand aangekondig. Twee is in Windhoek en een in Walvisbaai. Die sterfte in Walvisbaai is 84-jarige vrou met onderliggende toestande wat in die staatshospitaal op die dorp gesterf het. Die een geval in Windhoek is 'n 50-jarige man met geen onderliggende toestande of reisgeskiedenis nie wat in 'n plaaslike hospitaal dood is, terwyl die tweede geval 'n 56-jarige man is met veelvuldige onderliggende toestande wat by sy huis gesterf het. Dit bring die land se aantal Covid-19-verwante sterftes op 19 te staan.

Nangombe het ook 97 nuwe gevalle aangekondig waarvan 56 mans en 41 vroue is. Die jongste is een jaar oud en die oudste 84 jaar. Dit sluit 32 gevalle in Walvisbaai, 11 in Swakopmund, een in Usakos, 35 in Windhoek, nege in Oshakati, drie in Onandjokwe, twee in Keetmanshoop, een in onderskeidelik Karasburg, Okahandja, Gobabis en Katima Mulilo in.

Uit die nege gevalle in Oshakati is een 'n gesondheidswerker. Uit die drie gevalle in Onandjokwe is twee kontakte van gevalle in Windhoek. Die twee gevalle in Keetmanshoop is 'n Namibiese en 'n Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder. Die geval in Karasburg is 'n 73-jarige vrou wat uit Suid-Afrika gereis het en in kwarantyn was. Die geval in Okahandja is 'n 50-jarige man met geen kontak met bevestigde gevalle nie, so ook die geval in Gobabis van 'n 44-jarige vrou. Die geval op Usakos is 'n 32-jarige gesondheidswerker, terwyl die geval op Katima Mulilo 'n 29-jarige student is wat uit Zambie gereis het.

Volgens Nangombe het nog 64 mense herstel wat die totaal op 704 te staan bring. Die aantal bevestigde gevalle vir die land staan tans op 2 949. Tot op hede is 33 985 weefselmonsters getoets. Tans is 1 758 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A