Drie gewapende rowers val man aan
Tanja Bause - Mnr. Riaan Gardner is verlede Donderdag omstreeks 23:00 deur drie gewapende mans in Dr. Kenneth David Kaundastraat in Eros aangeval.
Volgens die woordvoerder van die stadspolisie, assistent-superintendent Cillie Auala, het Gardner en sy meisie van 'n funksie af by die huis aangekom.
“Hy het uit die kar geklim en drie mans het uit die bosse op hom afgestorm. Hulle het sy voorarm met 'n mes gesny, hom met 'n skroewedraaier gesteek en hy is met 'n koevoet oor die kop geslaan,” het Auala gesê.
“Sy meisie, wat nog in die voertuig gesit het, het haar handsak uit die voertuig se venster gegooi. Die mans het die handsak gegryp en weggehardloop.”
“Die area waar dit gebeur het is dig bebos en ons sal die gebied binnekort ontbos om sigbaarheid te verbeter,” het Auala gesê.
Sy het ook gesê dat mense hulself nie teen gewapende mense moet teësit nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie