Drie dekades se vennootskap
Francoise Steynberg
Namibië en Indonesië vier op 13 Mei vanjaar 30 jaar se diplomatieke betrekkinge.
“Die twee lande het oor drie dekades ’n vennootskap en vriendskap op gedeelde belange, wedersydse respek en mens-tot-mens-bande gebou,” het die nuwe Indonesiese ambassadeur in Namibië, mnr. Wisnu Pratignyo, verlede week in die hoofstad gesê.
Hy het gesê daar is ruimte vir verbetering wat handelsbetrekkinge betref.
“Dit sal wedersyds voordelig vir albei lande wees om handel en beleggings te bevorder,” het Pratignyo, wat sedert November in Namibië gestasioneer is, gesê.
Volgens hom het Indonesiese uitvoere na Namibië in 2019 ongeveer US$1,4 miljoen (sowat N$20,7 miljoen) beloop, terwyl Namibië se uitvoere na Indonesië ongeveer US$9,2 miljoen (N$49,5 miljoen) was.
Indonesië voer visfillette, meubels, farmaseutiese goedere en rubber na Namibië uit, terwyl Namibië hoofsaaklik onverwerkte sink, suiwelprodukte en dadels na Indonesië uitvoer.
Die ambassadeur meen daar is nog soveel potensiaal vir handelsbetrekkinge, veral met ’n groot Indonesiese bevolking van 270 miljoen mense.
“In 2018 het beide staatshoofde ooreengekom en beklemtoon die twee lande moet hul handel en beleggings verbreed,” het Pratignyo gesê.
“Bilaterale betrekkinge is gerig op die versterking van ekonomiese samewerking op die gebiede van infrastruktuur, behuising, beleggings, asook visserye en mariene hulpbronne.”
Sedert Maart 2016 kan Namibiërs Indonesië vir 30 dae sonder ’n visum besoek.
“Ons wil hê daar moet vrye beweging van mense tussen ons lande wees,” het die ambassadeur gesê.
“Tans met die wêreld wat die gemeenskaplike uitdaging van die Covid-19-pandemie moet oorkom, is dit nog belangriker om die gees van vriendskap, eenheid en samewerking van 30 jaar se diplomatieke betrekkinge vorentoe te dra.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie