Drie beeldhouers een kunswerk

Uitstalling vanaf 28 Januarie tot 20 Maart

14 December 2020 | Kuns en vermaak
Tanja Bause

Op die parkeerterrein voor die nuwe munisipale kantoor in Windhoek staan ’n groot wit marmerblok wat al die pad van Karibib gekom het.

Henry Coetzee is besig om met ’n hamerboor ’n kunswerk uit dié marmerblok te skep.

“Ons is drie kunstenaars van Whuda Marble Art wat aan die kunswerk werk. Weens Covid-19 werk ons onafhanklik. Dit is altyd opwindend om in die oggend te sien wat die ander twee gedoen het. Die uitdaging wat ons vir onsself gestel het, is dat drie kunstenaars op agtereenvolgende dae individueel aan 'n enkele marmersteen sal werk, met verskillende temas elk wat uiteindelik tot een kunswerk sal lei. Kambezunda Ngavee en Winfried Holze is die ander twee kunstenaars,” het Coetzee gesê.

Die beeld word geskep in samewerking met die Nasionale Kunsgalery se tema #WHATSYOURSTORY wat vanaf 30 Oktober tot 26 Januarie volgende jaar strek. Die uitstalling sal vanaf 28 Januarie tot 20 Maart besigtig kan word.

Whuda Marble Art wil met die kunswerk verskeie boodskappe oordra. Hulle wil onder andere wys mense met verskillende agtergronde kan saamwerk met een doelwit en ’n sukses daarvan maak. Hulle wil wys dat die Covid-19-pandemie oorkom kan word as kreatiewe denke bestuur word. Wanneer al die geriewe gedurende die hokyd gesluit is, kan ’n mens steeds openbare kuns geniet sonder om die virus te vrees. Eerder as om bestaande monumente of kunswerke af te breek, is dit beter om positiewe bydraes te maak en bewusmaking te skep. Bewusmaking vir openbare kuns en die beskikbaarheid van hoëgehalte marmer in Namibië moet ook geskep word. Dit is ’n mineraal wat baie skaars in Sub-Sahara Afrika is en wat tans deur vreemde bevolkingsgroepe uitgebuit word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

46 minute gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...