Drie aanhitsers in hegtenis

Polisiebaas waarsku plundering sal nie geduld word

20 July 2021 | Misdaad
Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh – Drie mense is gister in hegtenis geneem in verband met aanhitsing tot plundering in die sosiale media nie.

Dit volg nadat die Namibiese polisie (NamPol) met behulp van misdaadintelligensie vier mense geïdentifiseer en ondervra het wat moontlik hiervoor verantwoordelik was.

Aanvanklik het genl.maj. Joseph Shikongo, adjunk- inspekteur-generaal van die polisie, by navraag gesê vryheid van spraak bemoeilik vervolging en die polisie moet eers die wetskrywers vir groter begrip van die wetgewing raadpleeg.

Sowat twee ure later het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, aan Republikein gesê drie mense is gearresteer – twee mans en 'n vrou.

"'n Vrou is langs die kus in hegtenis geneem en twee mans is in onderskeidelik Windhoek en Oshakati is verband met aanhitsing om te plunder gearresteer," het hy gesê.

Ndeitunga het benadruk Namibiese wetstoepassings sal nie die "kopiëering" van die gebeure verlede week in Suid-Afrika duld nie. "Ons sal nie toelaat dat mense die ekonomiese stabiliteit, vrede en eenheid tussen mense vernietig nie."

Die polisie se woordvoerder, adj. komm. Kauna Shikwambi, het in ‘n nuusverklaring Sondag gesê meer mense sal na verwagting ondervra word, omdat daar steeds boodskappe in die sosiale media versprei word om anargie, wetteloosheid en die ontwrigting van vrede teweeg te bring.

“Almal weet dat anargie en wetteloosheid niemand bevoordeel nie en ons almal net in ‘n veel slegter situasie sal plaas, waarvan dit moeilik sal wees om te herstel.

“Dit is goed om te weet Namibiërs het beter en vreedsame maniere om twispunte op te los en ons moedig alle Namibiërs aan om voort te gaan met vreedsame oplossings,” het sy gesê.

Shikwambi sê ná dreigemente verlede week op sosiale media gemaak is, het die sekuriteitsbedryf ‘n vergadering gehou – onder die voorsitterskap van NamPol. Dit het sekuriteitsmaatskappye, die banksektor asook die verskaffers van noodsaaklike dienste en vervoer ingesluit, het sy bygevoeg.

Dit volg ná verskeie sakeondernemings verlede week in Suid-Afrika geplunder is – glo in opstand teen die inhegtenisname van Suid-Afrika se voormalige president, Jacob Zuma.

Ndeitunga het gewaarsku dat die sekuriteitsbedryf en belangegroepe gereed moet wees om op te tree indien enige iemand vrede en sekuriteit in Namibië wil ontwrig – veral die aanhitsers van geweld wat roep op die plundering en beskadiging van private eiendom.

NamPol se hoofinsp. Elifas Kuwinga het verlede week aan Republikein gesê die polisie “sal nie met enige een speel” wat Namibiese ondernemings plunder of geweld aanhits nie. Hy het toe beklemtoon die Namibiese polisie is altyd gereed vir enige gebeurlikhede.

Kuwinga het sakeondernemings aangeraai om sekuriteitsmaatreëls te verskerp en die publiek gemaan om hul van plundering te weerhou. “Die land sal seerkry, nie net in terme van die ekonomie nie, maar ook as dit kom by dié wat reeds sukkel om hul daaglikse brood te verdien of nie werk het nie. Almal sal swaarkry,” het hy gesê.

“Boonop is so ‘n aksie strafregtelik,” het hy gewaarsku. “Ons is ‘n vreedsame nasie, kom ons hou dit so.”
- [email protected]

FOTO
Veiligheidsmaglede en sekuriteitsbeamptes het die naweek inkoopsentrums in Windhoek bewaak. Foto Verskaf

Soortgelyk

 

Pfizer vandag in Namibië verwag

22 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

1 dag gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

1 dag gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 dag gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

1 dag gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

1 dag gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...