Drenkeling se liggaam gevind
Jessica Botes
Die liggaam van die 28-jarige man van Mondesa, wat Sondagmiddag by die Mole op Swakopmund verdrink het, se liggaam is gister gevind.
Volgens die brandweerhoof van Swakopmund, mnr. Adri Goosen, is die liggaam van wyle mnr. David Thomas omstreeks 17:00 deur 'n oorsese toeris gevind.
“Die toeris en sy vrou het op die strand in die omgewing van die Maritime-woonstelle in Strandstraat geloop toe hulle die liggaam op die water sien dryf. Hy het in die see ingegaan en die liggaam na die strand gebring waarna hy die owerhede ingelig het,” het Goosen gesê.
Thomas het Sondag noord van die Mole saam met sy broer en vriende geswem toe hy in diep water beland het. Aanvanklik het Thomas se broer probeer om hom te red, maar hy moes later strand toe swem om hulp te soek.
Reddingswerkers was omstreeks 15:50 op die toneel. 'n Skare het vinnig saamgedrom.
Volgens die West Coast Safety Initiative het die Seereddingsinstituut van Namibië (SRIN) 'n soek- en reddingsoperasie van stapel gestuur.
Die operasie is afgeskaal na 'n soek- en opsporingsoperasie en SRIN-duikers is ingeroep om die liggaam te soek.
Dit was onsuksesvol weens die gety en swak sigbaarheid. Die operasie is aan die Namibiese polisie oorhandig.
Goosen sê die liggaam is deur 'n familielid geïdentifiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie