“Drankstropery” op O.R. Tambo hou Air Namibia op
Estelle de Bruyn - Suid-Afrikaanse “drankstropers” het onlangs chaos en verwarring by die Internasionale Lughawe O.R. Tambo veroorsaak.
Toe passasiers van Air Namibia se vlug SW728 Woensdagaand by hek A25 op dié lughawe in Johannesburg om 17:10 gereed sit om aan boord te gaan, en niks gebeur nie, het frustrasie begin oplaai.
Grondpersoneel by die vertrekhek het angstig in hul geselsradio’s gepraat en kort-kort met die trappe op gehardloop en dan weer vinnig terug om met ander grondpersoneel te beraadslaag. Die vlug Windhoek toe moes teen 18:00 vertrek, maar teen 17:55 was daar nog geen aanduiding van wat aan die gang is nie.
Om 18:00 het ‘n lughawe-personeellid en ander grondbemanning die wagtende passasiers meegedeel dat daar “‘n gebrek aan toerusting” op die vliegtuig was en dat die vlug om “veiligheidsredes” nie kon vertrek nie. Op die skerm voor die vertrekhek het “onbepaald uitgestel” geflits.
Enkele minute later is die groen lig gegee en passasiers kon op die bus klim wat hulle na die wagtende vliegtuig geneem het. Aan boord was die kaptein erg omgekrap. Hy het verskoning gevra vir die vertraging, maar het beklemtoon dat dit nie Air Namibia se fout was nie.
Die vliegtuig moes Woensdag ‘n roetine-nasiendiens op O.R. Tambo kry.
Toe die bemanning egter beheer van die vliegtuig wou terugneem, moes hulle vasstel Suid-Afrikaanse grondpersoneel het glo drank aan boord die vliegtuig “verwyder”.
Passasiers wat hulle gereed gemaak het vir ‘n heerlike plaaslik gebroude Duitse bruisdrankie of ‘n rooiwyn saam met die Namibiese bief tydens aandete aan boord die vlug, moes maar met koeldrank of witwyn tevrede wees, want die Suid-Afrikaanse stropers het glo skoonskip van die drank gemaak.
Die vriendelike vlugpersoneel het darem geskerts dat die “stropers” minstens goeie smaak het en besef het Namibië Breweries Limited (NBL) se produkte is van veel hoër gehalte as hul Suid-Afrikaanse kompetisie.
Air Namibia se skakelafdeling kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie