Dr. Yeukai Chiradza in hegtenis geneem
Die polisie het om 07:40 vanoggend (Vrydag) vir dr. Yeukai Chiradza, die mediese dokter van Otjiwarongo wat nie opgedaag het vir sy strafbare manslag-verhoor op Karibib nie, in Windhoek in hegtenis geneem.
Die soeklig skyn sedert verlede Vrydag fel op hom toe 'n video wat toon hoe hy tussen Okahandja en Otjiwarongo swenk-swenk in sy luukse Duitse motor oor die pad ry, soos 'n veldbrad op sosiale media versprei het.
Volgens die polisie se woordvoerder, hoofinsp, Kauna Shikwambi, sal hy vanoggend in die Windhoek landdroshof verskyn op die klag wat verband hou met sy versuim om vir sy verhoor op Karibib op te daag.
Hy het na bewering in Junie 2015 'n padongeluk veroorsaak waarin drie mense dood is, en is vir strafbare manslag aangekla.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie