Dr. Betsy Fox gesels oor olifante
Dr. Betsy Fox, 'n olifantkenner, gaan op 6 Julie om 18:00 'n interessante praatjie oor woestynaangepaste olifante by die Old Wheelers Club in Windhoek aanbied.
Fox is die koördineerder en instrukteur van die Peace-projek, 'n onderrigprogram van Elephant-Human Relations Aid (Ehra). Die inligting- en veiligheidspraatjie word deur die Land Rover-eienaars van Namibië (LRON) aangebied.
“Wat sou jy doen as jy skielik op 'n trop olifante afkom wat oor die pad loop, en weet jy wat die beste manier is om veilig te bly?” Sulke vrae sal deur Fox beantwoord word.
Sy sal veiligheidswenke gee en verduidelik hoe om met respek in die woestynaangepaste olifante se habitat of elders op te tree. Woestynaangepaste olifante kom in troppe van die Ugabrivier in die suide tot by die Kunenerivier in die noorde voor. Soms is daar 'n eensame olifantbul of groepe bulle in die Kunenestreek.
Jy kan dalk olifante in 'n rivierbedding of langs die pad om 'n draai teëkom. Weet jy hoe om jou familie of vriende veilig en kalm te hou tydens so 'n ontmoeting? Kom leer gerus meer by dié praatjie.
Vir meer inligting, kontak die voorsitter van LRON, me. Gundula Perry, by 081 128 4108.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie