Dorstige Windhoek
Geen mens hoef met die helm gebore te wees om te kon voorspel dat die Namibiese hoofstad midde die huidige droogte opnuut in waternood sou beland nie.
Republikein is op rekord dat die behoud van strenger, permanente besparingsmaatreëls nodig is om ‘n kultuur van deurdagte verbruik te skep. Nie net in Windhoek nie, maar landwyd.
Die instel van strenger reëls en strawwe net wanneer die nood druk, is tegemoetkomend teenoor inwoners, maar dis ‘n ope vraag of dit gedrag genoemsaam verander. Of skep dit ‘n mentaliteit dat wanneer die damme voller loop, die krane maar net weer wyer oopgedraai kan word?
Windhoek se munisipaliteit en kundiges besef die gevaar om te veel water vanaf die watertafel te tap. Dit bly ‘n tussentydse oplossing – een wat moontlik reeds oorbenut word.
Watter aktiewe stappe is gedoen om sedert die vorige droogtetyd – en veel langer gelede al – die belegging(s) te werf om die stad se herwinningskapisiteit te vergroot? Windhoek was geskiedkundig juis ‘n internasionale baanbreker op die gebied.
Die sentrale regering moet sy rol in hierdie infrastruktuurontwikkeling besef weens Windhoek se posisie as ‘n sentrale dryfveer in die nasionale ekonomie. ‘n Private vennoot of vennote behoort ‘n klein wins uit so ‘n projek te kan verdien – om dit aanloklik te maak.
Die vestiging van nuwe, waterintensiewe nywerhede buite sentraal-Namibië se akwifergebied is ook onvermydelik.
Nie net Windhoek nie, maar Namibië se algehele, nasionale waterplan, verdien veel groter aandag.
So sê ander
14 Mei 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Met die nuutverkose lede van die sesde parlement wat na verwagting op 22 Mei hul plekke inneem, moet die heropbou van dié instelling as een van die hoekstene van die demokrasie ’n belangrike prioriteit wees.
Dit is veral die toesigrol van die parlement wat oor jare heen deur die ANC uitgekalwe is. En al het dié proses nie onder Jacob Zuma begin nie, is dit beslis onder hom verhaas.
Uiteindelik is die wye omvang van staatskaping ten minste ten dele toe te skryf aan die parlement wat nie sy toesigrol na behore uitgeoefen het nie. As die vernaamste instelling waaraan die regering moet verantwoording doen, was dit sý taak om ministers en die president vroeër tot verantwoording te roep.
Drie grondliggende veranderinge sal nou in die ANC moet gebeur as hy die parlement en sy grondwetlike rol tot sy reg wil laat kom: Eerstens moet die nuwe president en sy regering aan die parlement die vereiste eerbied toon. Wat dít betref, is daar reeds bemoedigende tekens.
Tweedens moet die ANC-koukus die beginsel tuisbring dat dit elke LP se taak is om die uitvoerende gesag, met inbegrip van die president, verantwoordbaar te hou; en derdens is die kies van voorsittende beamptes met ’n beginselvaste verbintenis tot die parlement se rol van kardinale belang.
Is die politieke wil daar?
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie