Dorstige Uis kry reën
Des Erasmus - Inwoners van Uis het hulle gistermiddag na buite gehaas toe die eerste stortbui in maande oor die dorp uitgesak het.
Die reën het in twee sarsies geval: eers is 3 mm na 'n donderbui gemeet en gistermiddag om halfvyf is nog 5 mm gemeet toe 'n tweede reënbui die eerste een opgevolg het.
Laat gistermiddag het donderweer steeds geblits.
Reën in kommunale gebiede het die afgelope dae ook vir vloedwater in die Ugabrivier gesorg.
Water in die Ugabrivier was gistermiddag by die Brandberg White Lady Lodge en die Eerste Moeras verby met die eerste invloei gistermiddag in die Tweede Moeras, waar min wildlewe is.
Uis is as gevolg van die lang droogte een van Namibië se waterlose dorpe. Drinkwater word sedert verlede week in tenkvragmotors en in die vorm van vyfliterkanne aangery.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie