Dooie renoster 'n raaisel
Kamppersoneel by die Halali-ruskamp in die Etosha Nasionale Park sê twee renosters was in 'n hewige veldgeveg betrokke, met een wat aan sy beserings gevrek het.
Des Erasmus - Die geheim van 'n renosterkarkas by Rietfontein, 'n watergat naby die Halali-ruskamp in die Etosha Nasionale Park, het verdiep met wildtuinpersoneel wat feitlik elkeen 'n ander weergawe het oor die redes vir die dood.
Gidse van drie groot toeristegroepe uit die buiteland het wel onomwonde verklaar dat die renoster die prooi van stropers in die wildtuin was.
Mildred van Wyk en haar geselskap van Swakopmund het Maandag soos talle ander toeriste en die drie safarigroepe op die karkas in die gras naby die watergat afgekom. Die plek was maklik om te kry danksy aasvoëls wat daar gedraai het. Hulle het self gehoor hoe die gidse stropers vir die dood van die renoster beskuldig het, met weergawes dat die karkas toe al twee dae op die plek gelê het.
Hulle is van dié plek Halali toe waar by kamppersoneel navraag oor die renoster gedoen is. Daarop was die antwoord dat twee renosters in 'n hewige veldgeveg betrokke was en dat die karkas die oorskot van die verloorder is. Die renoster het volgens die weergawe naby die watergat aan sy beserings gevrek.
Mildred meen hulle was ná sowat 'n uur van Halali terug by die plek, maar toe was die karkas skielik verwyder met die aasvoëls wat ook nie meer daar gedraai het nie. Volgens Mildred het die dooie renoster so in die gras gelê dat dit nie moontlik was om te sien of die neushoring verwyder was nie. Hul vrae het weer tot ontwykende antwoorde gelei. By die brandstofpompe van Okaukuejo het personeel net gelag toe hulle oor die renoster gevra is. Die Van Wyk-geselskap het net buite die hek na Okaukuejo oornag.
By die hek is hul voertuig behoorlik deursoek met selfs 'n snuffelhond wat gebruik is, maar weer was daar
geen padlangse antwoord op hul vrae nie.
Intussen word uit die renosterweigebiede van Damaraland en Kaokoland berig dat ses swartrenosterkarkasse op verskillende plekke in die veld gekry is. Al die renosters se neushorings was nog daar. 'n Aanvaarbare rede wat deur renosterwagters verstrek is, is dat al die renosters weens die verskriklike droogte in die gebied gevrek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie