Dollar en rand bestendig, al kla Trump wéér
Die dollar en die rand het oor die naweek baie bestendig verhandel.
Die rand het dus gisteroggend vroeg teen bykans dieselfde vlak as Vrydag teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel.
Die rand verhandel teen R13,95 teenoor die dollar.
Bloomberg berig nie eens pres. Donald Trump van Amerika wat dié naweek wéér teenoor die Federale Reserweraad (Fed) uitgevaar het, kon die dollar beduidend beïnvloed nie.
Dié keer het Trump uitgevaar dat aandelemarkte in Amerika minstens “5 000 tot 10 000 punte” hoër sou wees as die Fed nie rentekoerse verhoog het nie.
Hy was op pad om te gaan gholf speel by die Trump National-gholfklub in Sterling, in die deelstaat Virginia, toe hy dié stelling gemaak het.
Die rand het vroegoggend teen R18,26 teenoor die Britse pond en R15,77 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: US$1 289,10 per fynons.
· Platinum: US$890 per ons.
· Olie: US$71,36 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: US$5 168,06
· Ethereum: US$168,23
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie